Home   Alpabetical list of all authors      Sokker op Stellenbosch (Protea Nuusbrief)   Maties sport   Riviernuus

Hilton Biscombe

Hilton

Author and compiler of books

Hilton Biscombe was born in May 1953 in Ryneveld Lodge, Stellenbosch. The house is still standing, but due to the group areas act the family had to move to Idas Valley where he attended the Volkskerk Primary School, an independent Church School in Banhoek and later Lückoff School. He studied at UWC (University of Western Cape). After working for a year in a laboratory at Stellenbosch Winery, he continued to study at Hewat Teacher Training College. He taught at St Idas Primary Catholic School in Idas Valley for 10 years all subjects and then returned to UCW, "had the time of his life", completing the course of English and Psychology with a BA. Afterwards he continued teaching at St Idas Primary Catholic School, until his retirement in 2003 (25 years teaching in all). Since then he has published two books. At the moment he is busy with several freelance projects:
Video work with focus on community/church/schools etc.
writing of books
Secretary for "Centre for Community Resurgence"(2002-2005)
Participant in Exhibition Project-retrieval of old photographs and information on Lückoff and effects of the group areas act.
Currently busy with new book with a humorous perspective based on the first book seen through the eyes of a child (Hilton)
Doing research for a book on Idas Valley (need funding!!)

Main Motto: Let there be light!

Hilton is married to Colleen (a teacher at Lückhoff). They have three daughters: Simone, Monique and Cleo

Books:

In ons bloed (compiler), kinderjare in die Vlakte*, African Sun Media, 2005
Sokker op Stellenbosch (compiler), Rapid Access Publishers, 2010

* * *
*Die Vlakte - of which the Old Lückhoff School largely formed the centre of activities - was an area between Victoria, Bird and Joubert Streets and Banhoek Road in Stellenbosch - and from which people were forced to move under the Group Areas Act.

Lückhoff was the first Afrikaans high school for coloured people in the Boland. The building was erected in 1938; some years after the school had started out in loose-standing houses and other buildings. Learners from as far as South West Africa (today Namibia) attended the school and by 1969 it had more than a thousand learners.
Found at blogs.sun.ac.za

Riviernuus 03 Februarie 2014 ONS MENSE - Hul stories
Plaaslike skrywer stel tweede boek bekend


Hilton Biscombe van Idasvallei het onlangs sy boek, Sokker op Stellenbosch, vrygestel. Dit is die oud-onderwyser se tweede boek en Riviernuus het by hom gaan inloer.
Hy het 'n passie om stories uit die gemeenskap op skrif vas te lê. "Die gemeenskap het nooit in hulle eie reg gekom om hul stories te vertel nie," sê Hilton. Sy eerste boek, In ons bloed, vertel die geskiedenis van Die Vlakte se mense wat tydens die apartheidsjare gedwonge moes verskuif. Die Vlakte in Stellenbosch was 'n gedeelte wat goed vergelyk het met Distrik Ses, behalwe dat hier minder bouvallige huise en geboue was.
"Naas godsdiens en opvoeding was sokker een van die belangrikste samebindende faktore van Die Vlakte," sê Hilton. "Sokker op Stellenbosch vertel van die talente en prestasies van sokkerspelers, administrateurs en hul ondersteuners sedert 1904, asook die impak wat sokker op die gemeenskap gehad het. Ons moet weet wie ons is, waar ons vandaan kom en waarheen ons gaan," verduidelik Hilton. Sy liefde vir skryf is gekweek tydens sy studies by die Universiteit van Weskaap (UWK). "Na matriek het ek eers vir 'n jaar by die destydse Farmers Winery (Distell) gewerk. Hierna is ek UWK toe maar ek was sielsongelukkig en ietwat van 'n rebel. Hoekom moes ek na 'n ander universiteit gaan terwyl daar een op my drumpel was? Uit protes het ek eerder in die kaffeteria gesit en 'pies en samoosas' geëet in plaas daarvan om klasse by te woon."
Sy tannie het hom oorreed om onderwys te gaan studeer en hy het UWK gelos om by Hewitt Onderwyskollege te gaan studeer, met kuns as hoofvak. Hilton het toe sy loopbaan as onderwyser begin by die Katolieke Skool, St. Idas op Idasvallei. Hier het hy vir 25 jaar skoolgehou totdat hy 10 jaar gelede uitgetree het.
"Ek is toe weer terug UWK toe om Engels en Sielkunde te gaan studeer. "Dit is hier waar die Filosofie-saadjie by my geplant was en ek agtergekom het dat die lewe oor veel meer gaan as dit wat ek voor my sien," sê hy.
"Ek hou baie van gedigte en het self begin om gedigte te skryf maar meeste van hulle het in die vullismandjie opgeëindig," lag hy. Hilton het toe sy gedigte gebruik om stories te vertel. "'n Tipe huwelik tussen stories vertel en gedigte skryf," verduidelik hy. Na hy sy graad by UWK ontvang het, het hy begin betrokke raak by Stellenbosch Universiteit se pogings om terug te ploeg in die gemeenskap.
"So is In Ons Bloed gebore. Die universiteit het hom toe genader om oor die geskiedenis van sokker op Stellenbosch te skryf. "Ongeveer 50 mense het met my gepraat of vir my geskryf en ek het alles met 'n bandopnemer vasgevang. Deur die proses was mense bemagtig en hulle stemme word uiteindelik gehoor," sê Hilton. Is hy seker hy het met die regte mense gepraat? "Om te skryf is vir my 'n absolute passie. As jou hart en siel in 'n ding is en jou passie dryf jou, kom jy by die regte mense uit," sê hy.
Dit blyk dat die kunste nie verlore gegaan het by sy kinders nie. Hy is getroud met Colleen (self 'n onderwyser by Lückhoff) en hulle het drie dogters. Simone is aktrise, Monique is besig met haar meestersgraad in grafiese ontwerp en Cleo is in Graad 6 by Lückhoff (sien Cleo se artikel op bl. Oor Innovasie op Stellenbosch). "Mens moet in jou gemeenskap belê en ouers moet betrokke raak. As ouers nie belangstel nie, maak dit nie saak in watter skool jou kind is nie," sê hy. Sokker op Stellenbosch is die dorp se mees omvattende boek oor die sport en Hilton slaag daarin om die geskiedenis op 'n eenvoudige en kleurvolle manier uit te beeld - met stories uit die mond van die gemeenskap. Op 'n manier simboliseer die verhale ook die trek van inwoners uit die dorp na Idasvallei. "Hierdie projek is moontlik gemaak deur die betrokkenheid van onder meer die gemeenskap, munisipaliteit en die universiteit." Sokker op Stellenbosch is beskikbaar by SUN MeDIA by www.sun-e-shop.co.za of Liezel Meintjes by 021 808 2611. "As jou hart en siel in 'n ding is en jou passie dryf jou, kom jy by die regte mense uit."


up

Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

      Publisher of special editions Books