Home   Alpabetical list of all authors   ATKV-Skrywersalbum CV

Crowned Plover
Crowned Lapwing
By Jill Adams
Poems:
Nuus uit die binneland    Aftelrympie

Peter Blum

Peter Blum

1925-1990

Poet of great originality and author - often satirical - of prose

Peter Emil Julius Blum was born on 4 May 1925 at Vienna, Austria.
When, as a twelve year old, he arrived in South Africa, he already spoke several languages. He attended school in Durban and Johannesburg and studied at the universities of Stellenbosch and Cape Town.
From 1949 he worked as a librarian in Cape Town and later in Kroonstad, where his undemanding duties and the "backwoods" life bored him stiff. Fortunately, he enjoyed nature and birdwatching.
In 1955 Peter married Henrietta Cecilia Smit, an art teacher in Stellenbosch.
Peter Blum published several reviews and articles and earned literary recognition for his poetry. In 1956 he was awarded the Reina Prinsen Geerligs Prize for Steenbok tot poolsee.
He also wrote book reviews for Die Burger and made some important translations into Afrikaans from several languages, including French (works of Apollinaire, Anouilh and Baudelaire). Among his satirical prose, his best known essay, Hoe ek dekadent geword het, appeared in Standpunte (October 1956). It is his answer to moralising reactions to his first collection of poetry. Here he parodies some of the writers concerned.
In spite of the fact that important personalities like Dirk Opperman and Van Wyk Louw greatly admired his erudition and talent, Peter Blum was not accorded South African citizenship. Bitterly disappointed, he turned away from Afrikaans and Afrikaans culture in 1960 and settled with his wife in London.
He died there on 5 December 1990.

Hy het Suid-Afrika verlaat - en daarmee het die Afrikaanse literatuur in die besonder en die Suid-Afrikaanse geesteslewe as sodanig een van sy grootste talente en speurendste intellekte verloor.
As digter lei Blum, in teenstelling tot die meeste van sy tydgenoete wat blote epigone van Opperman is of sterk in die ban van sy digkuns verkeer, 'n nuwe tradisie in die Afrikaanse poësie in en is hy die sterkste en selfstandigste nuwe digter van die vyftigterjare.
J C Kannemeyer

Books:
Poetry:
Steenbok tot poolsee, 1955
Enklaves van die lig, 1958

Works about Peter Blum
Kannemeyer, J.C., Geskiedenis van die Afrikaanse Literatuur Band 2, H&R-Academica, 1983
J C Kannemeyer, Wat het geword van Peter Blum?, 1993
Briewe van Peter Blum, (Geredigeer en ingelei deur J C Kannemeyer), 2009
Kannemeyer, J.C., Die Afrikaanse literatuur, Human & Rousseau, 2005

* * *
Nuus uit die binneland
Vir Dirk Opperman

Soms in die winter as die reën sag stuif
op grasperke, dig en diep soos 'n tapyt -
as hy die rotsige bergreeks wegskuif
agter 'n misgordyn as voor die ruit
popliere, eike en kastaiingbome
saamvloei, en ons versink in blaargroen drome
terwyl ons oor 'n ou beskawing lees -
dan gryp die onwerklikheid ons met die loop
van waters wat kalmeer, en in die gees
vou grys en sat die graafskap Surrey oop.

Soms in 'n najaarsdag se skemerty
stap ons in 'n stil straatjie en gewaar
deur 'n ou bolig, kunstig uitgesny
in vlegtende patroon van druif en blaar,
die lig van verre dae: Ons word gesluk
soos deur 'n mond; die luiterse getik
van 'n ou horlosie vervang ons ontstoke
harte se ritme in die kamerhoek,
en ons gestaltes kwyn tot stywe spoke
in die vernislaag van 'n Delftse doek.

Maar as die bergwind so rukkerig waai
en tussen ons rondkrap soos 'n stok
in 'n miershoop in die palms blaai
nes 'n barbaar in 'n keurige boek -
dan is ons rillend buite alle mure
wat ons opstapel in redelike ure
met doel en plan -
ruik ons droogte en brand, en gerug
van sprinkaan, aardbewing en oproer
op daardie skroeiende binnelandse lug
- dan, dan
weet ons op watter vasteland ons boer.

Aftelrympie

My plaas se naam is Kleinbegin:
met God se hulp sal ek oorwin.

My plaas se naam is L'Avenir:
ek swaai my sweep met krag en swier.

My plaas se naam is Vyandsvlei:
buurman se rook, bly ver van my.

My plaas se naam is Skoongesig:
en saans maak ek die hortjies dig.

My plaas se naam is Rusmysiel:
maar voor my draadhek rol 'n wiel.

My plaas se naam is Vredendal:
die bergstroom torring aan sy wal.

My plaas se naam is Luiperdkom:
alreeds begin die werkvolk brom.

My plaas se naam is Nooitgedag:
dit lyk my ek oorskat my krag.

My plaas se naam is Droëbult:
die oes word minder, meer die skuld.

My plaas se naam is Moedverloor:
op 'n diep kliplaag breek my boor.

My plaas se naam is Kansverbeur:
'n stal se bouval noem my Seur.

Allesverloren is my plaas:
Leë murasies noem my Baas.


Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

      Publisher of special editions Books