Home   Alpabetical list of all authors

J A le Roux

1936 - 2004

Co-Author of

Statistiese Metodes
Professor of Psychology at Stellenbosch University and head of the Department of Guidance Psychology, 1996

Afrikaans Memoriam

Johannes Albertus le Roux was born on 28 July 1936, at Villiersdorp, Western Cape.
He studied at the Teacher's college in Paarl and - after a few years teaching - at Stellenbosch University (MA, Dphil, 1974).
1963: Junior Lecturer at Stellenbosch University.
1966: Head of the School of Medicine, University of Port Elizabeth.
1968: Lecturer at US
He was professor of Psychology at Stellenbosch University from 1978 until his retirement in 1996 .
Johan le Roux died on 11 January, 2004 at Somerset West. He was married in 1970 to Francis Greenaway and they had a daughter, Roné and 2 sons, Pieter Daniel and Albertus Johannes.
Hobbies: Philately, collecting antique copper, silver and furniture

In Memoriam at WEEKLIKSE KOERANT

Prof Johannes Albertus le Roux is op 28 Julie 1936 te Villiersdorp gebore. Hy het na sy hoërskoolopleiding homself as laerskoolonderwyser bekwaam aan die destydse Onderwyserskollege Paarl, waarna hy vir vier jaar hoof van 'n tweemanskool in die distrik Paarl was.In 1961 skryf hy as student aan die US in en verwerf agtereenvolgens die BA-graad (1962), die honneursgraad in Voorligtingsielkunde (1964) en die meestersgraad in Sielkunde (1965), almal cum laude. In 1974 ontvang hy ook die D. Phil-graad (Sielkunde) van die US, onder leiding van Prof AB van der Merwe as promotor.
In 1963 word hy as junior lektor in Sielkunde aan die US aangestel en in 1965 tot lektor in Sielkunde bevorder. In Januarie 1966 word hy aangestel as hoof van die destydse skoolkliniek in Port Elizabeth maar in April 1968 stel sy Alma Mater hom weer as dosent in Sielkunde aan en word hy in Januarie 1979 bevorder tot professor in Voorligtingsielkunde, 'n betrekking wat hy tot sy aftrede in Julie 1996 beklee.
Prof Le Roux het sy akademiese loopbaan uitsluitlik aan sy studente gewy en het altyd besonder belang gestel in die vorming van sodanige jongmense. Hy is deur die destydse Kaapse Onderwysdepartement genader om te help met die opstel van 'n Gesinsvoorligtingsprogram en het vir 'n aantal jare in die komitee wat hiermee gemoeid was, gedien. Sy ander akademiese belangstelling was die sielkundige statistiek en hy was dan ook mede-outeur van 'n boek genaamd Statistiese Metodes.
Prof Le Roux was ook vir vyf-en-'n-half jaar voorsitter van die Departement Sielkunde aan die US.
Benewens in die akademie het Prof Le Roux veral belang gestel in die versameling van posseëls en antieke meubels, koper, geelkoper en Engelse silwer.
Hy was egter by uitstek 'n gesinsman en laat sy vrou, Francis, sy dogter Roné Bester, sy seuns Daan en Altus en 'n kleinseun, Louis Bester, agter.


Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

     Publisher of special editions Books