Home   Alpabetical list of all authors   Afrikaans CV

Erika Murray-Theron

Erika Murray-Theron

Author of novels and short stories

Erika Isabel Murray-Theron was born on 1 Oktober 1941 in Greytown, Natal into a school teacher's family. She studied Psychology and Afrikaans at the Universities of Stellenbosch, Pretoria and at UNISA (BSc.hon) and also obtained a diploma for special education.
She worked for the Labour Department, lectured at UNISA's department of psychology, where she later did freelance translations and was editor of a local monthly newspaper.
She also taught Afrikaans as a stand in at - among others - Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria and at Menlopark High.
Erica works as a translator and regularly writes for different journals.
She lives with her husband, the engineer Tom Theron, in Pretoria and they have five children.

Books:

Wie is jy, Elizabeth? Tafelberg 1989
Die toubrug, Tafelberg 1992
Vlegsel, Queillerie 1995
Blikkie sonder boom, Tafelberg 1997
Die Mezzanine-klub, Queillerie 1998
Sé Maria, Tafelberg 2001 - won the ATKV- Prize for prosa in 2002
Kaalvoet oor die berg, Protea 2003
Verblyf, Protea 2007
'n Tapisserie met klein diere, Tafelberg, 2008
Erika Murray-Theron, Stippellyn, Tafelberg, 2014

Awards

ATKV-Prize for prose for Sé Maria 2002
'n Tapisserie met klein diere, winner in the Sanlam-Insig Novel competition 2007.

Lewensbesonderhede van Erika Murray-Theron

Erika Murray-Theron is in KwaZulu-Natal gebore en het in Glencoe gematrikuleer. Sy het in 'n onderwysershuis grootgeword en is van kleinsaf blootgestel aan boeke en aan haar pa se belangstelling in taal. Sy het aan die Universiteit van Stellenbosch, die Universiteit van Pretoria en Unisa gestudeer en honneursgrade in Sielkunde en Afrikaans en ook 'n diploma in spesiale onderwys verwerf.
Sy het as vakkundige beampte by die departement van Arbeid gewerk, was daarna verbonde aan UNISA se departement van Sielkunde, het later vryskutvertaalwerk in die vak Sielkunde vir UNISA gedoen, was lank as berader verbonde aan FAMSA en was gereeld op aflosbasis Afrikaansonderwyser by twee hoërskole. Sy was op verskillende maniere by die gemeenskap betrokke - onder andere by haar kinders se hoërskool, die plaaslike gemeenskapsbiblioteek, as redakteur van 'n gemeenteblad en by die skakeling tussen leeskringe in Pretoria, waar sy woon. Sy doen vertaalwerk, word van tyd tot tyd gevra om manuskripte te lees en tree dikwels as spreker op. Sy is van jongs af 'n toegewyde leser. Erika Murray-Theron het vandat sy onthou, belang gestel in stories vertel en skryf, en sy het die gewone pad van Die Jongspan na die skoolblad na Die Stellenbosse Student na tydskrifartikels na verhale in tydskrifte en in literére tydskrifte geloop. 'n Hele aantal van haar verhale is in bundels opgeneem. In 1989 het haar eerste roman by Tafelberg verskyn. Sy is getroud met Tom Theron, 'n ingenieur, en hulle het vyf kinders en vyf kleinkinders.

Publikasies sluit in:
Wie is jy, Elizabeth?, Tafelberg 1989
Die toubrug, Tafelberg 1992
Vlegsel, Queillerie 1995
Die Mezzanine-klub, Queillerie 1998
Sé Maria, Tafelberg 2001
Kaalvoet oor die berg, Protea 2003
Verblyf, Protea 2007
Haar roman 'n Tapisserie met klein diere het in 2008 by Tafelberg verskyn

Toekennings
In 2002 is die ATKV-prosaprys aan Sé Maria toegeken.
In 2007 is 'n Tapisserie met klein diere aangewys as wenner van die Sanlam-Insig Romanwedstryd.


Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

     Publisher of special editions Books