Home   Alpabetical list of all authors   In memoriam

Fritz Ponelis

Fritz Ponelis

Author of publications on Afrikaans Linguistics
Professor of Linguistics at Stellenbosch University until his retirement in 2003

Friedrich Albert Ponelis was born on 28 July 1942. He studied at the universities of Potchefstroom (BA Hons), Port Elisabeth (MA) and Unisa (MA, DLitt and Dphil). He was professor at the University of South Africa and joined the Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, in 1979.
Fritz Ponelis died on 17 December 2009. Shortly before his death he published this article in Volksblad: Die taal wat ons praat

Awards and Honours:
C.J. Langenhoven Prize for Linguisitics 1982
N.P. van Wyk Louw Medal 2005
Doctor honoris causa, North-West University
Honorary member of De Koninklijke Academie voor Nederlanse Taal-en Letterkunde (in Gent)
In honour of his work on Afrikaans Linguistics a book was dedicated to him:
Rufus Gouws and llse Feinauer (compilers and co-authors), Sintaksies op die Voorgrond, JL van Schaik, 1998
The Department of Afrikaans and Dutch has decided to hold a Fritz Ponelis memorial lecture every two years.
Books:

Afrikaans - sy aard en ontwikkeling. (co- authors: van der Merwe et al), van Schaik, 1969
Afrikaanse sintaksis, Van Schaik, 1979
Afrikaanse klankleer (co- author: M. de Villiers), Tafelberg, 1987
Historiese klankleer van Afrikaans. Annale van die Universiteit van Stellenbosch, 1990/1
The development of Afrikaans. (Duisburg Papers on Research in Language and Culture 18), Frankfurt am Main: Lang, 1993
Basiswoordeboek van Afrikaans (with llse Feinauer and Rufus Gouws), van Schaik, 1995
Standaardafrikaans en die Afrikaanse taalgemeenskap. Annale van die Universiteit van Stellenbosch 1998/1
Grondtrekke van die Afrikaanse sintaksis, 1998

I need a better photo and more information, please!


Fritz Ponelis (1942-2009)

Op 17 Desember is prof. Fritz Ponelis (67) oorlede nadat hy die voorafgaande ses jaar pankreaskanker gehad het. Met sy dood verloor Suid-Afrika een van sy toonaangewende taalkundiges wie se werk die Afrikaanse maar ook die algemene taalkunde ingrypend verryk het. Nadat hy vroeër by Unisa professor en hoof van die Departement Linguistiek was, was hy van Januarie 1979 tot met sy aftrede in 2003 verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch. In hierdie tyd het hy verskeie termyne as departementele voorsitter gedien.
Fritz Ponelis het 'n indringende taalkundige en wetenskaplike invloed uitgeoefen as dosent, studieleier en promotor maar veral ook as navorser en skrywer van wetenskaplike publikasies. As taalkundige lewer hy 'n veelsydige vertoning met bydraes op talle terreine van die taalkunde. Hy raak aanvanklik veral as sintaktikus bekend met sy Grondtrekke van die Afrikaanse sintaksis,'n boek wat hy in 1968 op die jeugdige ouderdom van 26 publiseer. In tipiese Ponelisstyl, sonder omhaal van woorde, was hierdie boek vernuwend, met 'n invloed wat die gang van die Afrikaanse taalkunde blywend verander het. In 1998 is 'n huldigingsbundel aan Ponelis opgedra met die dertigjarige herdenking van Grondtrekke se verskyning. Afrikaanse sintaksis (1979) bevestig Ponelis se rol as iemand wat wetenskaplik nuut dink oor Afrikaans en die aard en beskrywing van dié taal. Sy teoretiese benadering lei tot 'n analise van werklike Afrikaanse taalgebruik en nie blote studeerkamervoorbeelde nie. Hy rig sy navorsing later veral op die historiese ontwikkeling van Afrikaans en dié werk vind neerslag in sy The development of Afrikaans. Ponelis publiseer ook op die terrein van taalvariasie, leksikografie, fonetiek en nog meer. Hy pas sy taalkennis ook in die praktyk toe met die redigering van die Lewende Bybel wat in 1982 verskyn het.
Erkenning vir sy besondere navorsing het op verskeie maniere gekom, onder meer deur die Suid-Afrikaanse Akademie se C.J. Langenhovenprys en die NP van Wyk Louw-medalje asook 'n eredoktorsgraad van die Noordwes-Universiteit. Internasionaal word hy vereer met erelidmaadskap van De Koninklijke Academie voor Nederlanse Taal-en Letterkunde.
Fritz is in sy werkskring waardeer as vakman, dosent en lojale kollega. Hy was 'n vriend sonder weerga.
Fritz Ponelis is dood maar sy werk lewe. Huidige en toekomstige studente en navorsers sal steeds op sy publikasies steun en daarin op verrassende manier met talle aspekte van die lewende taal kennis maak. Dit sal steeds 'n stimulus vir voortgesette navorsing in die taalkunde bly.
Die Departement Afrikaans en Nederlands het reeds besluit op die instelling van 'n tweejaarlikse Fritz Ponelis-gedenklesing om sy nagedagtenis te eer.

Rufus Gouws


Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

     Publisher of special editions Books