Home   Alpabetical list of all authors   Poems: Vir Ma   Gee my net één dag soos toenterjare  Kring

Erica baccans
Erica baccans

Annette Snyman

1941-1980

Annette Snyman

Author of a book of poetry :
Klein rondreis, Boschendal Publishers, 1981

Lecturer in Afrikaans-Nederlands at Stellenbosch University

Anna Sophia Snyman, née Theron, was born on 27 May 1941 on the farm Uitflug in Tulbagh. She studied at Stellenbosch University, where she obtained a D Litt (cum laude). She was a lecturer in Afrikaans-Nederlands at Stellenbosch University and worked as senior assistant to Professor W. Kempen.
Annette was married to Dr. Henning Snyman. She died in a motor car accident outside Stellenbosch on 19 September 1980. Her husband published her book posthumously.

Vir Ma

Warm gansdond l ê in
vier wit sydisselsate
langs jou wintershand.
   Sou geen outanterate
   met 'n veerkombers
   voll warm sydisselsaate
   die wit seisoen verpand
   wat mistig oor die jare
   vasgewaai het in jou
   hart en
    in jou hare?

***

Gee my net één dag soos toenterjare,
'n dag vol soetwyn uit Jerusalem,
g'n drome droom - gesigte sien -
'n dag wat van wind en vlamme sing!
Maak van my so 'n nuwe Pinksterling
dat ek die taal waarin ek gebore is,
my eie klank, in elke geelvink en kanarie hoor;
by tortels en by kokkewiet se kind
die ABC van duisend warm woorde vind!

Kring

en as die môre breek en babelas is
met winde in die kies
het ek jou lieflik lief

as die middag herfsig uitgevat
bruin skoonlappers oor die wolge gooi
het ek jou liederlik lief

as die skemer skielik haartseer
en mistig om die wimpers raak
het ek jou singend lief

as die vroenag nederig
kuis langs my venster kniel
het ek jou egbrekig lief

as die ure later uitgerus
versigtig my droome een-een dief
wag ek afgetakeld op die môre
het ek jou oneindig lief


Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

     Publisher of special editions Books


Find Afrikana and other books at bidorbuy.co.za