
Brian Bredenkamp was born in 1948 near the town of Benoni in the Transvaal
province of South Africa, now known as Gauteng. He attended Belfast High
School and passed the Transvaal University Entrance Examination in 1965.
He started his forestry career as a pupil forester at Frankfort State Forest
near Sabie in Mpumalanga before qualifying as a forester at Saasveld College
for Foresters outside George. He holds bachelor's, honours and master's
degrees in forest science from the University of Stellenbosch and a PhD in
forest biometrics from Virginia Polytechnic Institute and State University in
the United States of America. He spent the bulk of his career in forestry
research with the South African Forestry Research Institute, based in
Pietermaritzburg, Natal. He resigned from SAFRI, after twenty-three years
service, as head of the Site and Sylviculture Section at the Saasveld Forestry
Research Centre with the rank of Senior Specialist Scientist (Deputy Director).
He joined the academic staff of the University of Stellenbosch in 1991 and
became Professor of Forest Management in the Department of Forest Science in
the Faculty of Agricultural and Forestry Sciences in 1992; a position he still
holds.
He is happily married to Lani, since 1972. They have two sons
and a daughter-in-law, and a baby granddaughter, and live in Stellenbosch.
Brian was President of the Stellenbosch Philatelic Society (1992 - 2003) and
currently serves as Chairman of the Tree Advisory Committee of the Stellenbosch
Integrated Development Plan where he plays a prominent role in the conservation
and management of the town's urban forest.
With a beer in the hand, 2007
Die Suid-Afrikaanse Bosbouer, 2010
Some of his books can be obtained by Brian Bredenkamp:
Die dinamika in die bosboubedryf en sy mense lei daartoe dat 'n bosbouer sy eie loopbaan in oënskou neem en begin besin oor die geskiedenis van die bedryf en veral oor die mense wat dinge laat gebeur het om die bedryf te laat ontwikkel tot die ekonomiese en fiskale entiteit wat dit vandag is.
Brian Bredenkamp dink en droom nie net nie, hy spring aan die werk! Hy begin om vrae te vra!
Wie is die manne wat die Suid-Afrikaanse bosboubedryf aan die gang gekry het? Waar het hulle gestudeer en wanneer het hulle afgestudeer? Wie van hulle het verder studeer en in watter rigtings? Wie was die leiers onder die studentekorps en wie het die hoogste akademiese hoogtes bereik? Wie was die manne wat as "Oubaas" opgetree en hulle juniors op Saasveld tydens ontgroening getreiter het? Wat is die byname van die bosbouers en wat is die oorsprong van die byname wat daartoe meehelp om die mense tot 'n eenheid te bind?
Die antwoorde op hierdie en ander vrae, tesame met biografiese sketse van 139 bosbouers, word vervat in 'n boek getiteld "Die Suid-Afrikaanse Bosbouer 2010". Brian Bredenkamp, voormalige Saasie voltooi sy loopbaan as emeritusprofessor in bosbestuur aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy teken die geskiedenis van die Bosboubedryf se mense op van voor 1906 toe met die opleiding van die eerste bosbouers in Suid-Afrika begin is. Voor 1906 is baanbrekers met behulp van beurse in die buiteland opgelei en het teruggekom om die bedryf te kom vestig. Dit is die eerste keer dat hierdie magdom van inligting in Suid-Afrika in boekvorm opgeteken is. Elke persoon wat op een of ander manier 'n verbintenis met Bosbou het, behoort 'n kopie te besit; dit is 'n boek oor bosbouers, geskryf deur 'n bosbouer. Alumnilyste van voormalige studente wat aan die verskillende inrigtings afgestudeer het, vorm deel van die historiese gegewens in die boek. Die boek sal jaarliks, as 'n reeks, aangevul word met nuwe en aanvullende navorsing oor bosbouers.
Irene van Vuuren
"Die Suid-Afrikaanse Bosbouer 2010" word uitgegee deur Brian Bredenkamp.