Home   Alpabetical list of all authors   Afrikaans CV   Stellenbosch University mourns passing of top academic    Die komplekse "Ek"

Complexity and Postmodernism

Paul Cilliers

Paul Cilliers

                  1956 - 2011

Author of books on the Philosophy of Science
Professor of Philosophy at Stellenbosch University until his sudden death on 31 July 2011.
Philosophy of Science, Post-structuralism, Philosophy of Culture, Complexity, Philosophy of Law

Friedrich Paul Cilliers was born on 25 December 1956 in Vereeneging.He attended school in Germiston and studied at Stellenbosch University and at Unisa.
Paul Cilliers had a degree in Electrical Engineering and a Ph.D. in Philosophy. He worked as a research engineer for over a decade, specializing in computer modelling and pattern recognition using neural networks. After completing his doctorate (supervised by Johan Degenaar of Stellenbosch and Mary Hesse of Cambridge), he was appointed to the Philosophy Department of Stellenbosch University. He teaches mainly cultural philosophy and deconstruction, as well as giving courses in the philosophy and ethics of science.
His research focussed on the implications of complexity theory for Stellenbosch.
Along with Professor Jannie Hofmeyr of the Biochemistry Department, Cilliers was joint project leader of SU's Centre for Studies in Complexity. This interdisciplinary initiative forms part of SU's HOPE Project, a university-wide programme through which the institution is tackling major challenges in society.
Paul gave film presentations and opened art exhibitions.
On his sudden death on 31 July 2011, he left behind his wife Sandra and their children, Ilana and Cornel.

Hobbies: Music, literature, cooking, art and cinema
   Photos of the opening of an art exhibition at Dorp Street Gallery

Awards:
Rector's Award for Excellence in Research, 2000
Harry Oppenheimer Fellowship for 2006
2008: received an A rating from the National Research Foundation
2010: elected as Fellow of the Royal Society of South Africa
2011: Appointed Distinguished Visiting Professor in the Graduate School of the Universiteit voor Humanistiek (UvH) in Utrecht, the Netherlands.

Books:
Complexity and Postmodernism, Routledge, 1998
Explorations in Complexity Thinking, Isce Publishing, 2007
Complexity, Difference and Identity An ethical perspective (Editor with Rika Preiser), Springer, 2010

In Complexity and Postmodernism he introduces complexity theory from a philosophical perspective, and argues for certain similarities between complexity and the post-structural positions of Derrida and Lyotard. The aim of this comparison is to tone down some of the exaggerated claims made in the name of Derrida and others, and also to show that complex problems will not be solved by general, analytic and abstract means.


Paul CilliersPhoto found at SU nuus, 4 JULY 2011

Friedrich Paul Cilliers is in 1956 in Vereeniging gebore en word groot in 'n sendingpastorie in Germiston. Hy oorleef skool deur te lees en musiek te luister. Aanlegtoetse wat deur die skool afgeneem word dui aan dat hy Filosofie moet studeer, maar aangesien sy onderwysers nie weet wat Filosofie is nie, raai hulle hom aan om Ingenieurswese te doen. Natuurlik is beurse op hierdie front ook effe makliker bekombaar, en dus arriveer hy in 1975 op Stellenbosch om Elektroniese Ingenieurswese te studeer.
Op Stellenbosch oorleef hy die koshuislewe deur te lees en musiek te luister. Ingenieurswese hou hom taamlik besig, maar hy kry tyd om subredakteur: kuns van Die Matie te wees, bietjie kreatief te skryf en heelwat musiek te speel (hy speel Franse Horing). Hoewel hy eintlik van musiek sy lewe wil maak, behaal hy eventueel die graad B Ing (Elektronies). Ten tye van sy studies begin hy uitvind wat Filosofie is, onder andere as gevolg van 'n vriendskap met Willie van der Merwe wat hom aanmoedig om in te skakel by Prof Johan Degenaar se estetika-klasse. Hy is verbaas om agter te kom dat sy skool oor iets reg was.
Na sy studies toer hy met 'n rugsak deur Europa vir 'n paar maande, en ontmoet sy vrou, Sandra. By sy terugkoms wag twee jaar se militêre diensplig. Hy oorleef dit hoofsaaklik deur te lees en musiek te luister, maar gelukkig is hy nou ook getroud. Die filosofie-ding spook by hom, maar behalwe die diensplig is daar nog 'n beurs om terug te werk. As deel van wat duidelik 'n langtermynplan sal moet wees begin hy met 'n BA graad deur Unisa. Nadat hy Filosofie tot op derdejaarsvlak gedoen het, loop hy een aand vir Johan Degenaar by die Baxter raak wat hom aanmoedig om 'n Honneursgraad te doen.
Intussen woon hy in Vishoek en werk as navorsingsingenieur by die Instituut vir Maritieme Tegnologie. Sy studieveld behels patroonherkenning en rekenaarmodellering. Hy is stigterslid van die South African Pattern Recognition Workshop, en is van die eerste mense in die land wat probleme oplos met behulp van "neurale netwerke". Hy geniet dit nogal, maar die filosofie-ding gaan nie weg nie. Johan Degenaar bel hom een aand, en bied aan om sy honneurskursus na-ure aan te bied sodat iemand wat werk dit kan bywoon. Hiermee was die koeël waarskynlik deur die kerk. Toe sy vrou in dieselfde tyd swanger word (iets waarby hy ten volle betrokke was) besluit hulle om Stellenbosch toe te trek. Van toe af werk hy bedags (wat daagliks twee ure op die pad insluit) en studeer saans Filosofie. Intussen help hy kinders groot maak. Hy doen Honneurs met een baba in die huis, en 'n MA en 'n D Phil met twee. Daar is nou baie minder tyd vir lees en musiek luister.
Die Ingenieurswese en die Filosofie is minder in spanning met mekaar as wat mens sou verwag. Hy doen 'n MA waarin hy Saussure, Freud en Derrida in verband bring met modelle van die brein, en 'n D Phil (onder Johan Degenaar en Mary Hesse van Cambridge) waarin die eienskappe van komplekse sisteme ondersoek word en aangetoon word dat dekonstruksie grootliks tot hierdie ondersoek kan bydra. Kompleksiteitsteorie word sy spesialisveld, en die proefskrif word later verwerk in die boek Complexity and Postmodernism (Routledge 1998). Dit is 'n tydige publikasie wat, veral vir die uitgewers, heel goed gedoen het. Nadat hy sy doktersgraad behaal in 1994 (veertien jaar nadat hy vir die eerste keer formeel begin Filosofie studeer het) word hy aangestel as lektor in die Departement Filosofie aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy gee klas in dekonstruksie, kultuurfilosofie, wetenskapsfilosofie en etiek. Aangesien daar heelwat belangstelling in kompleksitiet is, reis hy heelwat, en werk ook vir tye in Boston, Marburg en Amsterdam. Mettertyd het hy die voorreg om nagraadse studie te begelei, en dit begin vir hom voel asof hy iets doen wat die moeite werd is. Hy resenseer ook boeke, en analiseer films – 'n tradisie wat Johan Degenaar begin het.
Hy kook graag (veral Oosterse kos), en kry baie plesier daaruit om dit met sy familie en vriende te deel. As hy die geringste kans kry, lees hy en luister musiek.


Text by Paul Cilliers

Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

     Publisher of special editions Books