Home   Alpabetical list of all authors   Afrikaans text   2 Poems
Oxalis purpurea, white
Oxalis purpurea, white
Photo by Jim Holmes
click for enlargement
>U M Gerryts

U M Gerryts

1907 - 1994

Author of several youth books

Ulrich Melanchton Gerryts was born on 29 October 1907 in Noordhoek.
He matriculated at the Hoër Jongenskool Stellenbosch (Paul Roos Gymnasium) and studied at the Universities of Stellenbosch (B.A and S.O.D.) and Potchefstroom (M.A.) to become a teacher.

After his retirement as a lecturer he lived as a farmer and writer.

He was married to Gezina Susanna Human (died 1987) and they had 2 daughters, Ulreen Hester and Idil Maria, and a son, Egbert Daniël. His second wife was Marieta Van Der Merwe.

Ulrich Gerryts was involved in a car accident near Stellenbosch and died on 22 Julie 1994 from head wounds.

Books:

Sonseuntjies, Nasionale Pers, 1936
Na Vyftig Jaar (plays for Voortrekkers), 1937 (Eighth improved edition, Tafelberg, 1991)
Die poësie van Elisabeth Eybers: 'n voorbeeld van die vroulike in die poësie, Potchefstroom Universiteit vir C.H.O., 1946
Onderrig van Poësie in die Laerskool, Afrikaanse Pers, 1961
Skone Klanke, Standerds 1-4, Herbewerking Bloemlesingreeks (with Elizabeth Helena Wilhelmina De Ruiter), Afrikaanse Pers-Boekhandel, 1964
Die Alibama van Blouhoek, Hollandsch Afrikaansche Uitgevers Maatschappij (HAUM), 1970
Versepret, McGraw-Hill, 1971
Waterspore in die Son, Varia, 1972
Rietland se nuwe prinsessie (with Annette Stork), Perskor-uitg., 1975
Die Dassiesberg-span, De Jager-HAUM, 1976
Dassie se jassie en ander rympies vir kleuters, Human & Rousseau, 1977

up

Ulrich matrikuleer aan Hoër Jongenskool Stellenbosch (Die huidige Paul Roos Gimnasium) Stellenbosch, Wes-Kaap. Hy bekwaam hom as Onderwyser en behaal sy B.A. en S.O.D. grade op Stellenbosch Universiteit, Stellenbosch, Wes-Kaap klas van 1933 en sy M.A. Graad op Universiteit Potchefstroom Noordwes klas van 1946. Later was hy 'n dosent in Heidelberg Gauteng (Transvaal).
Ulrich was vir ongeveer 30 jaar betrokke by die Voortrekkers. Hy het sy naam gemaak met die skryf van kinderboeke. Hy het onder andere die volgende boeke geskryf:
1936 Sonseuntjies
1937 Na vyftig jaar en Ander Toneelstukkies vir Voortrekkers
1946 Die poësie van Elisabeth Eybers : 'n voorbeeld van die vroulike in die poësie (Sy MA tesis) 1961 Onderrig van poësie in die Laerskool
1961 Studiepraatjies oor die voorgeskrewe werke vir matriek
1964 Herbewerking Bloemlesingreeks
1964 Skone Klanke, Standerds 1-4
1970 Die Alibama van Blouhoek
1971 Versepret (MCGRAW-HILL)
1972 Waterspore in die Son
1975 Rietland se Nuwe Prinsessie
1977 Dassie se jassie en ander rympies vir kleuters
1976 Die Dasiebergspan

1981 Woudkonsert, Verse van Kurt Baumann, verwerk deur Ulrich Gerryts

Na sy aftrede het hy gaan boer. Op Vrydag 26 Augustus 1988 het hy 'n eenmansvertoning in die Libertas-Teater op Stellenbosch gelewer. 14 Julie 1994 was hy in 'n grubotsing by die Tegno Afdraai, Stellenbosch, Wes-Kaap en het hy ernstige kopbeserings opgedoen en is 'n paar dae daar na oorlede.

Twee van sy gedigte:

WOLK-RY

'n Warrelwind skep my op in die lug en los my op 'n wolk se rug.
Daar seil ek, en die mense onder staan hulle boognek en verwonder.
Van Somersetstrand tot Rondebosch het al wat leef sy werk gelos.
Oor Tafelberg breek my wolk in twee en ek duik doemeloem in die see.
'n Visserskuit het my opgelaai en teruggevat na Gordonsbaai.
Telefoon, radio en koerante versprei my storie na alle kante.
Maar Pa het my aan die nek gevat en uitgelooi met 'n kweperlat.
"Verstaan", sê hy, 'n mansmenskind laat hom nie rondsmyt deur die wind.
'Nog minder loop hy rond en spog met radio- en koerantebog.'
(Ulrich Gerryts UIT: D.J. Opperman se nuwe kleuter verse boek.)

MY MOOI ROOI BAL

Ek speel op die strand met my rooi bal.
Maar Noordewind kom en word skoon mal.
Hy ruk my rooi bal uit my hand en jaag hom met sy besem al oor die sand.
Ek hardloop agterna en ek roep, maar hy vee my mooi rooi bal tot binne-in die see.
Noordewind lag, die branders skater, en hul dans met my bal weg-weg oor die water.
(Ulrich Gerryts: uit Kleuterverseboek 2000)


Afrikaans text by Danie Gerryts

up

Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

   Publisher of special editions Books

>