Home   Alpabetical list of all authors

 

Gideon Visagie's Poems

  

NEW YORK SKYLINE ROOSPIENK

Pienk geraamde model
hang in 257 East 7 th Street
Lower East Side
New York. Eenvoudige een-slaapkamer.

Ek en my meisie
staan op dak van woonstel
genaamd "tarred roof" in Yanks.
New York slang.
Skielik sonsak
New York skyline
raak pienk.
Hou mekaar vas
Manhatten love.

Twee Twin Towers
in verte.
Liggies lig 'n luister
sy fluister:
I love you.
Die gevoel is wedersyds.
Die skyline is pragtig.
My meisie se soene is heerlik, ons omhelsing warm.
Ek ondervind
Puerto Ricans speel in
watersproei van brandkrane.
Die straat oorspoel van buitelanders.

Beveg apartheid by die Verenigde Volke.
17 Jaar later luister ek na Beethoven -
tevrede, gelukkig. Die herinneringe is soet.


AFSKEID 2000

Jy's weg my vriend
vanoggend van jou dood gehoor.
Ek het goeie herinneringe.
'n Paar jaar terug nog
trek jy aan jou pyp; gelukkig.
Ek kon suig aan my sigaret;
tevrede tesame.
Julle het nog my besigheid ondersteun
jou wit Mercedes gewas daarmee
skitter - drup droog.
Die komputer - hardeskyf dreun agter my -
ek's nog in die lewe.
My toekoms begin reeds hier en nou.
Die lewe vlieg verby.
Carpe diem -
gryp die dag;
gebruik elke geleentheid.
Jou kleindogter sou haar oupa
nooit aanskou.
Jy is veilig
God het jou geroep -
dis tyd.
Jy is bevoorreg - jy dien God nou daarbo.
Ons neem afskeid, sê totsiens.
Sal jou onthou
dankie vir jou vriendskap
God seën jou
tot weersiens.

NEW YORK BY KERSLIG

Ierse danseresse in Radio City Music Hall.
Magic is emotion.
Love is a decision.
Become enthusiastic.
Rockefeller het gesê:
as lewe oorhê
spandeer meer tyd
met suksesvolle mense.
Manlike dansers dans, tap.
Ons sal nie moed opgee
gallop soos perde.
Swart t.shirts, hemde.
Skielik kitaarspel.
Vroulike danser voor rooi agtergrond.
Die son is onder
die maan skyn
kerse brand 18 000 000
in New York.
Kastenjette
flamingo danseres
tap-tap.
Kitaarspel.
Tempo versnel.
Die skyline, liggies
twin towers
uptown, downtown.
Die lig gaan op.
Kerse word sterre, sonne
"Manhatten by candlelight"

  • the new show.
    up

    69 STREET UPTOWN GIRL

    Sy sit tussen 50 plate LP's
    op die grond.
    Ek lag, sy glimlag
    Ek sê dis baie plate
    sy sê sy weet.
    Haar oë is groot en rond.
    Later stel ek voor
    kom ons koop
    6 Moosehead biere.
    Sy stem in
    ons loop na supermark
    'n blok of twee
    van woonstel. Saam-saam Kanadese bier in New York.
    Sy glimlag gedurig.
    'n Paar aande later
    luister ek
    na David Bowie se plaat
    maak omtrent 'n lawaai.
    Ons gaan dans
    sy lyk gelukkig.
    Sy is my "Little China Girl"
    in red shoes uit my New York David Bowie droom
    alhoewel sy geensins Chinees is,
    en geen rooi skoene dra.
    Vergesel haar later plaas toe - Thanksgiving Day.
    Sy's sprankelend gaaf.

    DIS VIR JOU LUDWIG

    'n Huldeblyk vir Ludwig Von Beethoven.

    Jou pa het gedink
    jy gaan 'n klein Mozart word.
    - hy't baie gedrink
    alles uigemors.
    Jou ma was altyd sieklik, swak
    - baie lief vir jou.
    Jy speel nog steeds
    in kerke, katedrale.
    Jou musiek leef voort.
    Jy ontmoet vir Wolfgang Amadeus Mozart.
    Hy is baie beïndruk
    ook met jou komposisies.
    Prinse luister na jou
    word bevriend.
    Haydn geniet jou.
    Jy't jou rug gekeer op rykdom.
    Jammer dit kon jou talent bevorder.
    Jy beleef roem.
    Jy vereensaam,
    word doof.
    Maar jy hoor hemelse musiek;
    komponeer.
    Vandag 'n boek oor jou gelees.
    Ek bewonder jou.
    Jy speel orrel, klavier
    in die hemel.
    Komponeer nuwe simfonieë.
    Jy is 'n Prins, 'n Koning.
    Skryf: Die Vreugdelied
    in Allegro.
    Jy is Ludwig Von Beethoven.
    Jou naam is onsterflik.

    'n VRIEND

    Ek het vanoggend gehoor jy's dood, Johan.
    Ek was geskok en verslae.
    Laas nog gesels by Pleinstraat -
    jou vertel van my planne
    vir 'n skryfskool en poetry club.
    Jy was wys; nou is jy dood.
    Jy het die laagtes van depressie geken,
    swaarkry, alleenwees.
    God stel jou aan in die plek van Lucifer,
    eens die aartsengel van musiek,
    om musiek te komponeer in die hemel
    vir die troon en die heiliges.
    Jou droom het jou ontkoppel
    van die harde realiteit -
    jy is vasgevang in die perfekte
    geluk van prestasie.
    Saam het ons die stryd gehad
    van kunstenaars wat strewe na
    die geluk en bereiking van
    groot drome.
    Ek hoor die musiek van Bach.
    Die Messias van Händel
    fluister saggies deur die akkerboom.
    Die engele huil vandag as dit reën -
    herdenk die swaarkry en
    hartseer van jou lewe.
    Ek onthou jou as 'n goeie vriend.
    Nou lag die engele,
    want jy is in jou triomf.

    up
    LANK LEEF DIE DUBBELBED

    Ek was vir jare 'n bachelor,
    alleenloper.
    Ek besit twee enkelbeddens
    en 'n dubbel divan
    van oom Wilhelm, die sestiger.
    As jy by my lê, lê ons styf
    of lepel.
    Ek dink ekonomies oor spasie
    eens opgesluit in klein ruimtes.
    Ek glo die Sealy Posturepaedic
    is goed vir die rug snags,
    maar die een wat my trou
    sal die nuwe dubbelbed nooit berou.
    Daarop sal ons binneboud vry
    met reënweer en pannekoek eet
    met piesang en appel.
    Ek gee oor aan die versoeking -
    vry is ook vir goeie mense.
    My oë is blou as ek skryf
    maar grys en grou
    as ek vry
    soos die see op 'n onstuimige dag -
    vol verrassings
    en robuust.


    DIE BELVIDERE KERK

    Buite Knysna stap ons in
    'n klein Anglikaanse kapel
    om 'n kerkdiens by te woon.
    Daar was slegs 'n paar mense
    rustig loer ons rond,
    die atmosfeer is rustig en romanties.
    Die priester dra 'n wit kleed en
    vertel ons van Jona wat
    na Nineve verdwaal.
    'n Groot vis sluk hom in, drie dae
    in ingewande, spuug hom uit.
    Nineve word bekeer.
    Nagmaal op ons knieë.
    Na die diens stap ons rond
    tussen grafte van heiliges.
    Die broodjie op my tong en die wyn
    smaak soet soos chocolate koek
    in Bantrybay.
    Versoening is so goed.
    Ek luister na monamour
    van Nana Mouskouri en dink
    aan Franse liefdesgedigte
    en bote in San Antonio in Amerika.
    Ons sit voor Pick & Pay in Knysna;
    toe kom groet 'n dame ons
    van die Belvidere kapel.
    Rosh Hashana - Nuwe Jaar.
    'n Mooi skildery van eende,
    pragtig geraam, is my geskenk.
    Poskaarte en wierook,
    pragtige souvenirs.
    Ek gly op stroombane van die intellek -
    maak kontak met
    wysheid en die ewigheid.
    'n Heerlike vakansie!
    As die son sak
    is die Belvidere kerkie
    'n ligroos pienk,
    In Buffelsbaai drink die digter koffie.
    Sy skadu sit in Stellenbosch
    en skryf gedigte.


    MY LIEFDESLIED VIR 'N GODIN

    Die Keltiese godin van deugde
    om 'n braaivleis vuur by Onrust,
    vergaderplek van digters.
    Ek gooi vir jou rooiwyn
    van Stellenbosch.
    Jy is my eerste Jodin
    ons eet sagte skaaptjops
    'n ander praat Afrikaans.
    Ek benader jou met my
    Herman Charles Bosman Engels.
    Jy het 'n eenvoudige boere rokkie aan
    met sandale,
    dog praat jy die aksent van New York.
    Later hou ek jou hand vas in die Kombi.
    Ek vry na jou Jodin, Godin.
    Saam lê ons in die sand by die see.
    Jy sê my drome is moeilik,
    maar later in Stellenbosch
    was jy my Delila en ek was jou Simson,
    met lang hare.
    Toe sien ek jou in Manhatten,
    jy't gelyk soos 'n Tycoon.
    Jou borste is nog soet op my tong,
    jou wit boude, die van 'n Barones.
    Nou 17 jaar later sien ek nog die 7 sterre
    van Openbaring in jou oë.
    Shalom.

    DORPSTRAAT SE POP

    Die pop van Dorpstraat
    kyk na akkerbome
    met eekhorings en duiwe,
    jakarandas het geblom.
    In die kombuis word mossels voorberei.
    Wyn vloei in New York
    skadus val op my
    van herinneringe en mense
    plekke van hartseer en vreugde
    Ek omhels die Statue of Liberty.
    Die pop is mooi,
    sewe sterre in haar hand
    en 'n reënboog bo haar kop.
    Sy staan op oseane en riviere
    met die maan
    teen haar bors vasgedruk
    Die son lag
    oor Dorpstraat
    en New York.
    Swede is ysig koud
    en Australië is warm.
    Agter memories en gesigte
    lag die pop en glimlag.
    Die wind waai saggies
    deur die akkerboom
    en ek drink vars lug.

    up
    NEW YORK

    New York, you've done me good -
    You've done me bad.
    You've showed me so much, I miss so much.
    I don't know you for long, but I'll stay long. City
    of versatality and plenty, you treat
    your children well - you adopt so many,
    Even place for me. I came from
    far to you New York,
    The moment I saw you from the
    air I loved you
    And then you sent me up in the
    Sky again.

    YOU ARE

    You are
    the power when I am tired.
    You are
    the flower
    when I am blind for beauty.
    You are
    the sap in my veins.
    the success after hard labbour,
    the rest after a hard day's work,
    the sunshine in the morning,
    the squirrel before my studio.
    You are worthwhile and pretty
    You are work, prayer and love.
    I love you,
    'cause you are -
    Life.

    Candle in the breeze

    My candle's flame died
    but you light it again
    Now I have faith,
    a dream,
    passion
    and desire.
    I observe people, faces, friends
    I treat myself to love
    I desire riches of glory,
    passion and white light.
    Sometimes I doubt -
    alone.
    I wonder what
    the outcome will be
    of the chessgame between
    the angels and God.
    I have chosen to be an angel
    I shall stay forever young.

    up
    DESTINY

    Something good happened to me;
    what a coincidence occurred.
    We do not always see the
    pattern of small miracles.
    We pray and wait,
    then something good happens
    and we call it coincidence.
    We must expect the best,
    always ready for change.
    When we meet a special person
    we call it " lucky".
    Our road is planned
    our future certain.
    God is in control and involved.
    We are destined for great things -
    destiny control us.

    LOVE AND FRIENDSHIP

    "I long for you
    I miss you".
    I say it every time over the phone.
    I have a dream to become
    a worldwide popular poet and writer.
    No - one will shake my tree.
    I want to be very rich.
    Sometimes I think I need
    billions of pounds
    to make my dreams come true.
    You want your house
    in the Boland, Cape and Switserland.
    I want to be free.
    I love New York City -
    penthouses and condominiums.
    You help me and I love you;
    you are special.
    She said: You are a good person -
    I feel special.
    Now we are two -
    we make a bond of friendship.
    Nothing seperates us.
    We are one mind
    of the same kind.
    Thank you for choosing me
    to be your friend.

    The dance of the fiddler on the roof

    Play your violin,
    play your love song
    of all the people in the world.
    Sing a tune of love,
    tenderness and kindness.
    Silent night, holy night.
    Say you forgive,
    believe and dream.
    Dream the big dreams;
    one small dream at a time.
    Then we can dance
    we shall dance.
    The dream is here
    the time is now.
    Fly away to your dream
    and thou shall't be the
    answer of the prayers
    of all other people.
    I am like a goose in a big pond
    in New York,
    with fall trees full of colour
    with my tail feathers in the air
    - happy.

    up


    Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

         Publisher of special editions Books