Home   Alpabetical list of all authors

From: "Niel Koekemoer" <niel@globalbits.com>
To: <rosie@stellenboschwriters.com>
Subject: Die Raconteur
Date: Wed, 20 Jun 2007 09:56:09 +0200

Hallo Rosie

Ek is mal oor julle webblad, so hopelik kan julle ons uithelp. Met Insig wat
toemaak ens. het ons besluit ons gaan ons deel doen vir Afrikaans (en
verskeie ander tale). Om meer duidelikheid te gee, ons is almal
"20-something" individue uit verskillende velde (programering, grafiese
ontwerp, uitgewers wese ens) en ons wil ons kundigheid saamgooi om 'n produk
daar te stel wat nie net kreatief is nie, maar terselfdetyd Afrikaans
aanwakker by die lesers. Ek is 'n programeerder, so ek glo dat die internet
die perfekte platform is vir so 'n projek.

Ons het 'n digitale "kortvehaal" publikase begin genaamd "the raconteur" (
<http://www.theraconteur.co.za> www.theraconteur.co.za ) . Die hele projek
is vrywillig en gaan verniet aanlyn beskikbaar wees. Wat die produk uniek
maak is dat dit verskeie tematiese kortverhale gaan saamgooi, dit laat
illustreer deur verskeie kunstenaars en as 'n alleen staande applikasie gaan
uitgee wat afgelaai kan word van die internet. So in ander woorde gaan dit
glad nie die vorm aaneem van 'n webblad of 'n blog nie. Op die einde van die
dag gaan die kwalitiet die deurslaggewende faktor wees. Die eerste tema is
herskrywings van Aesop se fabels. Anything goes!

Ek email jou met die hoop dat julle dalk sal help, paar mense bewus maak
ens. maar ek verstaan as jy besig is. Ek het besluit dat ek 'n mini
bewusmakings veldtog gaan loots, so ek "spam" 'n paar mense met emails. Ek
stuur ook 'n advertensie aan wat julle dalk kan aanstuur.

Baie dankie dat jy sover gelees het!


Groete Niel

Niel Koekemoer, Developer, Global Bits, Cell: +27 (0)84 581 1010


Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

     Publisher of special editions Books