Home   Alpabetical list of all authors   Stellenbosch Artists   Trienke's gallery   Poems   

Die Vereboodskap
Die Vereboodskap
Painting and poem by Trienke

Trienke Laurie

Trienke Laurie

Poet, painter and author of poetry collections

Catherina Elizabeth (Trienke) Laurie was born on 10 May 1946 in Cape Town. She grew up in Cape Town and in Stellenbosch, where her father, the acclaimed poet D. J. Opperman, was professor of Afrikaans. Her mother, Marié van Reenen, was also a writer.
Trienke studied History and Art at the University of Stellenbosch, where she also attended her father's famous 'Letterkundige Laboratorium'. After receiving a Teachers Diploma she taught at a school in Vredendal, Cape, for a year. In 1990 she continued her studies at the University for Christelike Hoër Onderwys, in Potchefstrooms (BA Hons, cum laude, 1992).
She is a well known painter and has had several exhibitions.
Trienke is married to Dirk Laurie, a professor of Mathematics at Stellenbosch University. They have five sons. Trienke and Dirk Laurie live in Somerset West.

Award:
Ingrid Jonker Prize for Skietspoel in 1997.

Books:

Skietspoel, Tafelberg, 1997
Ek sien 'n rooi bul storm, Tafelberg, 1999
Uitroep, Tafelberg, 2001
Sonskyf, Protea Book, 2007
Van My Ouma 'n Groet
Koebesie, Corals Uitgewers, 2017

* * *

From Sonskyf:
Godwaan

Met vat en voel of maak
verwerk 'n mens 'n kwelling
of dit wat verdrietig stem.
Deur te beproef of deur pret
ontdek ons soms 'n natuurwet
en so speel-speel word ons heel.
Rangskik jy selfs net jou hartseerdae
op kaartjies met droë herfsblare
en jy - gebroke mens - plaas 'n stuk terug

soos drywende kontinente pas en skuif
in die laslap van die skilpadrug.

* * *

From "Ek sien 'n rooi bul storm" :

Kiewiet

Houd een scherp oogje in het zeil

Verdwyn soos 'n kiewiet,
'n sandkorreltjie
of 'n vaal koestertjie
tussen klip en pol en veld,
maar neem alles waar
en lê onopsigtelik 'n spikkeleier hier en daar.

English translation by Dirk Laurie:
Plover

"Keep a sharp eye in the sail" (Dutch proverb, motto of the secret service of the ZAR)

Vanish like a plover
a tiny sandgrain
or a pale pipit
between stone and tuft and veld,
but observe all with care
and lay unobtrusively
a speckled egg here and there.

From "Skietspoel" :

Digter

Ek, heerser en spil van die web,
hou alles in my wêreld dop.
Wat kan ek vang, verorber, berg?
Hoe groter des te beter!
'n Vraatsugtige eter?
Nee! ek eet proe-proe, dineer
op poot en lyf en kronkelbrein.
Ek voel my magtig,
potig en potent --
as ek hulle rangeer en tel,
voel aan die verskeidenheid chitien
gesjor met lymtou.
Slagoffers in my spenskas
wag natuurgetrou --
beelde van Madame Tussaud!

* * *

From "Uitroep" :

Uitstappie

Eenkant, tussen die opdrifsels van Houtbaai,
klippe en wiere deur koraal aangepak,
stap in sy skulp 'n kluisenaarskrap ...
Op die strand gaan stap,
was om uit jou dop te klim,
soos 'n krap met spriet voel-voel die water
en die wêreld te verken -- 'n kuur;
andersins was jy hermiet
geban tot leesure binne vier mure.
Teensinnig moes jy verduur:
'n ander aan die motorstuur.
Terwyl jou Rottweiler Alpha aan die ane ruik
het jy ontluik, mensetaal gebruik.
Dan terugtrek, luike toeklap,
weer dop, weer kluisenaarskrap.

Die Vereboodskap
Aan Hannetjie Schreck

Waar is jou skrywe oor 'n veer --
ons wedersydse droomvlugte
en gedagtes getranskribeer?

Wreed het jy met die aarde gebots,
die ewigheid ingetol.
Tydens die roudiens
het ek gefilosofeer:
daar is 'n einde aan
wroeging en hartseer,
ook aan liggaamspyn;
daarom kon ek huis toe gaan
sonder 'n enkele traan.

Met die opstap na die voordeur
vind ek op die grond: 'n duif
so pas uit die lug gestort.
Nog warm lê sy in my hand
maar met oë reeds gebreek
en pootjies opgetrek.
Skuins rol haar nek
en uit haar bek vloei bloed.

Ons het kort gelede hier gestaan,
onthou ek, op hierdie einste plek.
Vol skiet my gemoed:
soos destyds met die veer
is dit 'n boodskap van jou.
Ek vou in my hand
jou laaste warm groet.

up


Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

   Publisher of special editions Books