Home
Afrikaans CV

Photo by Die Burger
Dan Sleigh talking to Erika Murray-Theron during Sanlam-Insig Prize Awards 2007Dan Sleigh
Historian, novelist, conservationist
Daniel Sleigh was born on 3 November 1938 on the farm Geelbeksfontein, West Coast. After matriculating at Vredenburg High School he joined the Navy. He studied at the Paarl Training College to become a Physical Education teacher and taught at schools in Namibia and Cape Town.
In 1969 he completed his BA Degree in History and English Literature at UNISA. He obtained a MA Degree cum laude, followed by a Doctorate in History in 1987 at Stellenbosch University (Supervisors: Profs Dirk Kotze and D.J. van Zyl.).
Dan Sleigh was Head of the Education Museum and then Provincial Co-ordinator of Conservation Education, Western Cape Education Department, from which he
retired in 1996. A former editor in the transcription department of the Cape
Archives he specialised in the first Dutch colonial period.
As editor of the Tanap project he transcribed the VOC archives world wide into a data base. (Tanap: Towards a
New Age of Partnership; a Dutch/Asian/South-African programme of cooperation)
Apart from academic and public lectures, Dan Sleigh took part in radio talks and TV programmes.
Field of study: The Dutch Seaborne Empire (1602-1795)
Dan Sleigh was editor and translator for Van Riebeeck Society series in 2003 and is editor of the Castle Military Museum series Cape Military history.
He is a freelance researcher and consultant to various bodies, including:
Department of Culture, Art and Technology of the Western Cape Province, SA
Heritage Resources Agency, SAN Defence Force and Castle Military Museum,
Blaauwberg Municipality, Gawie Fagan Restoration Architects, SA Government,
Land Claims Court (Richtersveld case)
Languages: English, Afrikaans, Dutch. Reading French and German.
Dan Sleigh is married to Dewetia and lives in Pinelands.
Memberships of Conservation and Cultural Organisations:
VOC Foundation (Secretary) 1995 -
SA Society of Archivists 1984 /
SA Cultural History Society 1984 -
SA Military History Society 1978 -
Friends of the Castle Military Museum 1998 -
Simon van der Stel Foundation (Life Member) - 1983 -
Friends of Mostert's Mill 1994 -
Jakkalsfontein Nature Reserve (ex-Director) 1997 -
SA Museums Association (Corporate Member) 1988-1997
National Monuments Council (Western Cape): Regional Committee Member 1981/1996
Cape Town City Council Committee for Street Names
Awards:
C Louis Leipoldt Prize 1971 for Duif oor water
For Eilande he received:
the Sanlam/Insig Prize 2001, the WA Hofmeyr Price 2003, RAU - prize 2003, M-Net prize, 2003, and the Helgaard Steyn Prize 2004
Simon van der Stel Medal (gold) for Conservation
Molteno Medal of the Cape Centenary Foundation (gold) for Conservation
SA Academy Medal for History 2007
WOORDtroFEES 2011: A special mention was made of Dan Sleigh for his novel Navigator van die Geskiedenis
WA Hofmeyr Prize for best Afrikaans fiction 2012 for Wals met Matilda
Publications:Articles for magazines and newspapers (23 years)
Books:
Duif oor water (poetry), 1974.
History and Cultural History, 23 titles, and 9 novels include:
Die nege-maande-mars, Tafelberg, 1972
'n Man om te hardloop, 1973
Tussen twee vlae, Tafelberg, 1974
Vryburger Tas, Tafelberg, 1979/1984
Sersant Barodien, Kaapse Korps, Tafelberg, 1977
'n Kanon vir Barbier, Tafelberg, 1978
Jan Compagnie: the world of the Dutch East India Company, Tafelberg, 1980 -
Jan Kompagnie; Die Wêreld van die VOC, 1980
The Huguenots, 1988
The Forts of the Liesbeek Frontier, 1996
They rode against an empire, Castle Military Museum, 1999
Eilande, Tafelberg, 2001
Islands, Secker & W, 2004
Stemmen uit Zee, 2004
Die Buiteposte van die VOC onder Kaapse bestuur, 1652-1795, HAUM 1992/Protea, 2004
Afstande, Tafelberg, 2010
Navigator van die Geskiedenis, 2011
Wals met Matilda, Tafelberg, 2011
Die aanslag op die slaweskip Meermin 1766 (Co-author Piet Westra), Africana Uitgewers, 2012 About this book (boekbespreking) 
Information by Dan Sleigh, February 2007

www.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer
Books
Review: Ydelheid van mense meer as dié van meerminne: fatale flater van 'n sakeman wat kaptein wou wees
Die aanslag op die slaweskip Meermin 1766 (Co-author Piet Westra), Africana Uitgewers, 2012
In 2010 het 'n stuk oor die slaweskip Meermin in Bolander se geskiedenisrubriek verskyn, na aanleiding van 'n lesing wat by die ou Huis der Nederlande in Pinelands aangebied was deur twee bekendes in erfeniskringe, naamlik dr. Dan Sleigh en Mnr. Piet Westra.
Hulle lesing was 'n reaksie op 'n Amerikaanse film (Slaveship mutiny) oor die Meermin-insident, wat volgens hulle subjektief en vol onjuisthede was. Daaroor het ek destyds in die rubriek uitgewei.
Op 10 November het die tweemanskap weer 'n lesing oor die onderwerp aangebied op dieselfde plek, wat egter nou bekend is as Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere.
En hierdie keer het hulle 'n boek wat hulle hieroor geskryf het bekendgestel: Die aanslag op die slaweskip Meermin 1766, uitgegee deur Africana Uitgewers (R180-00).
Ek het dié lesing ook bygewoon, hoewel ek toe nog nie 'n eksemplaar van die boek (sagteband, 171 bladsye) gehad het nie - ek het een bestel by Protea in Stellenbosch, en dit intussen ontvang. Die eerste indruk is dat dit 'n aantreklike, keurig-saamgestelde boek is met etlike illustrasies en soos mens van die here Westra en Sleigh kan verwag, 'n handige indeks en volledige bronnelys - deeglike, primêre bronneontleding, nie ellelange lyste van webwerwe soos deesdae die gebruik is nie. Hier het jy twee gesoute navorsers, wat Nederlands magtig is en die ou skrifvorme van twee en drie eeue gelede kan lees asof hulle die daaglikse nuusblaaie geniet.
Wat die teksinhoud betref, word nie net die fassinerende verloop van die Meermin se tragiese lot - en etlike van haar eertydse passasiers - aangebied nie, maar ook die breë agtergrond van slawehandel, die tydgees en situasie aan die Kaap, vergelykings met ander slawe-opstande, vonnisopleggings, skepe en dies meer (met illustrasies en kaarte) om konteks te verskaf.
En konteks is uiters belangrik - iets wat nie by die genoemde filmteks waarneembaar was nie - dit was geromantiseer en hiperbool het hoogty gevier: 'n goeie voorbeeld van hoe die bona fide historikus se insette tog die fiksieskrywer se aanbieding van die "menslike kondisie" en die "waarhede tussen die lyne", die inkleding van die leemtes in die argiewe""kan troef. Bygesê, in Dan Sleigh het ons iemand wat die keil van historikus en die beret van romansier ewe gemaklik dra, terwyl Westra, as voormalige hoof van die SA nasionale Biblioteek (Kaapstad), eweneens 'n bedrewe teksontleder en -samesteller is.
Wat die leser dus hier kan verwag, is 'n hoogs leesbare boek, geskryf met die hande van woordkunstenaars wat die oudste en betroubaarste bronne deur die Brille van Objektiwiteit en Nougesetheid gelees het.
Hier het ons 'n veelvlakkige verhaal wat handel oor 'n verskeidenheid aangeleenthede soos maritieme vaardigheid, politieke slinksheid, militêre presisie - én die gebrek daaraan, want bowenal menslike word swakheid soos gierigheid en onkunde netjies verweef in die verhaal van die opstand op die slaweskip Meermin.
Soms neem die verhaal onverwagte wendings en speel die toeval ook sy bedenklike rol - mens sou die storie inderdaad die titel "Boodskap in 'n bottel: die sonderlinge verhaal van die Meermin" kon gee. Maar soos Dr. Sleigh sy mede-skrywer vermaan het: "Laat ons nie die storie weggee nie."
Ek sal wel so ver gaan om te noem dat die boegbeeld van die hoeker Meermin Ôn meermin met 'n spieël is, wat vroulike ydelheid (letterlik) weerspieël, maar dat die man in beheer van die skip se arrogansie die ondergang van die skip en die verlies van talle lewens veroorsaak het. En dat daar in ware verhale ook teen die einde verassing kan wees - soos (wéér!) deur die uiteindelike hofsaak weerspieël.
Met hierdie boek word die volle verhaal van die Meermin se noodlottige laaste reis vir die eerste maal vertel. En geheel en al gebaseer of feite.
