Home   Alpabetical list of all authors

Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)

EWA book coverEditor: G.J. van Wyk
Authors: A E Cloete, A Jordaan, HC Liebenberg, HJ Lubbe

Order this book and/or the CD ROM

The Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) in paper and electronic format was released by the Bureau of the WAT in Stellenbosch during 2003.
The EWA in paper format is the first Afrikaans etymology dictionary since 1967. The origin of more than 8 000 Afrikaans words is presented in a user-friendly manner. The words were selected to illustrate the rich, multicultural heritage of Afrikaans words. The reader will get a good indication as to what happened with the Dutch lexicon in South Africa since 1652, as well as what influence other languages such as English and the indigenous South African languages had on Afrikaans.
The dictionary is easily readable because different types of information are clearly distinguished from one another. The dictionary is innovative especially by typographically distinguishing between different types of etymology.
The EWA is also available in electronic format. Etymological information contained in the dictionary is easily accessible through the user-friendly search template.
The book, which consists of 612 pages, is sold at R195 and the CD at R175. The combo price for the book and CD is R300.

Order the book and/or CD from
The Editor-in-Chief, Bureau of the WAT, Box 245, Stellenbosch, 7599
Tel: 021-8873113, fax 021-8839492, e-mail wat@sun.ac.za.

* * *

Etimologiewoordeboek van Afrikaans

Die eerste Afrikaanse etimologiewoordeboek in 36 jaar, die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), is op Vrydag 13 Junie 2003 bekend gestel.

Die EWA bevat meer as 8 000 trefwoorde wat sorgvuldig gekies is om die ryk, multikulturele oorsprong van Afrikaanse woorde te illustreer. Die woordeboek is 'n leesfees vir elkeen wat meer van die herkoms van Afrikaanse woorde te wete wil kom. Lesers sal 'n goeie aanduiding kry van wat sedert 1652 met die Nederlandse woordeskat in Suid-Afrika gebeur het, en ook van dít wat Afrikaans sonder die toedoen van Nederlands bygekry het.

Die woordeboek het 'n maklik leesbare karakter deurdat verskillende soorte inligting duidelik van mekaar geskei word. Die EWA tree vernuwend op deur ruim aandag aan betekenisaanbieding te bestee, interessante benoemingsmotiewe aan te bied, en die onderskeid tussen verskillende tipes etimologiese inligting tipografies te markeer.

Die projek is reeds in 1995 begin met 'n voorstel vir 'n etimologiese samewerkingsooreenkoms deur die Direkteur van die Instituut voor Nederlandse Lexicologie (INL), prof. Piet van Sterkenburg. Die groot behoefte aan 'n Afrikaanse etimologiewoordeboek is deur die Hoofredakteur van die WAT, dr. Dirk van Schalkwyk, ingesien, aangesien die enigste soortgelyke werk -- Afrikaanse Etimologieë van S.P.E. Boshoff en G.S. Nienaber -- reeds in 1967 verskyn het. Die EWA is saamgestel met fondse wat uit Nederland bekom is.

Gevestigde name in die taalkundewêreld, soos prof. Fons Moerdijk, Oudhoofredakteur van die Woordenboek der Nederlandsche Taal en tans Hoofredakteur van die Algemeen Nederlands Woordenboek, asook die alombekende Afrikaanse taalghoeroe, wyle prof. Johan Combrink, is by die projek betrek, eg. om opleiding te verskaf en lg. as mede-outeur saam met dr. Helena Liebenberg.

Na prof. Combrink se afsterwe in Julie 1999 is die redaksie in 2001 hersaamgestel, met mnr. Gerhard van Wyk as Tegniese Redakteur om die manuskrip te redigeer en tegnies te versorg, en met dr. Liebenberg, prof. Johan Lubbe, mev. Alet Cloete en mnr. Anton Jordaan as outeurs.

Prof. Moerdijk verwys na die EWA as 'n ``boeiend en onderhoudend werk'', en 'n ``bijzonder product van Nederlands-Afrikaanse samenwerking''.

Prof. Fritz Ponelis van die Universiteit van Stellenbosch sê: ``EWA bied ... sy ryk skat van inligting op 'n uiters bevatlike en onderhoudende wyse aan'' en ``maak 'n boeiende stuk Afrikaanse kultuur toeganklik''.

In Die Burger se Taalskatkis van 24 Junie 2003 verwys Zandra Bezuidenhout na die EWA as ``daardie spesiale woordeboek ... wat vir jou uitlê waar ons woorde vandaan kom, en hoe hulle oor jare of eeue verander het om in Afrikaans lyf te kry'', terwyl Christo Botha in Die Burger se briewekolom van 28 Junie die woordeboek as ``pure leesgenot" beskryf.

In Die Volksblad van 18 Augustus 2003 noem Corlietha Swart onder andere in haar resensie dat die ``langverwagte'' EWA ``'n nuttige en ryk inligtingsbron (is) vir almal wat ... in die herkoms van Afrikaanse woorde belangstel'', dat dit ``ruimskoots inligting (voorsien) oor waar Afrikaans 'n spesifieke woord ... gekry het'', en dat die ``woordeboekgebruiker ... 'n duidelike prentjie (kry) oor die roete wat die 17de eeuse Nederlands ... sedert 1652 gestap het''.

Marietjie du Plessis noem in Taalgenoot (November-Desember 2003) dat die EWA ``heel boeiend die herkoms van Afrikaanse woorde aan die weetgierige leser verduidelik'' en dat dit ``'n woordparadys vir die taalagies (is)''.

In haar resensie van die woordeboek in Die Burger van 3 November 2003 skryf Madeleine van Biljon dat die EWA ``'n heerlike naslaanwerk (is) om in die huis te hê'' en dat ``dit elke sent werd (is)''.

Order this book and/or the CD ROM
Die woordeboek beslaan 612 bladsye en kan teen R195 bestel word. Dit is ook op CD beskikbaar teen R175.
EWA "combo" (book and CD) for R300, which means a discount of R70!
Alle bestellings moet gerig word aan:

Die Hoofredakteur, Buro van die WAT, Posbus 245, Stellenbosch, 7599.
Telefoon: 021-8873113, Faks 021-8839492, e-pos Verdere navrae kan ook gerig word aan Gerhard van Wyk by


Press release with friendly permission of Gerhard van Wyk

Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

     Publisher of special editions Books