Home   Alpabetical list of all authors   Verkiesing van US Raad 'n toets vir Afrikaans - en demokrasie en deursigtigheid

Idas Valley
Idas Valley Homestead
Photo by Willem Malherbe
5 Dennerandweg
Stellenbosch 7600
Tel: 021 8832964
Fax: 021 8878026

Hermann Giliomee

Hermann Giliomee

Author of historical and political publications
Professor of Political Studies at the University of Cape Town, 1983 - 2002

Hermann Buhr Giliomee was born on 4 April 1938 in Sterkstroom. He attended school in Porterville and studied History at Stellenbosch University (1956 - 1961 and 1969 - 1972).
He served in the Dept of Foreign Affairs from 1963 to 1964.
In 1973 and 1977-78 he was a Post Doctoral Research Fellow at Yale University, USA.
1967 -1982: Lecturer and Senior Lecturer at the Department of History, Stellenbosch University
1982-83: Jan Smuts fellow, University of Cambridge
1983: Professor at the Department of Political Science, University of Cape Town.
1995-97: President of the South African Institute of Race Relations
2001: Stals Prize for Political Sciences ; 2004 Stals and the Recht Malan Prize for History
March 2006: Elected Member of Stellenbosch University Council
2013: N.P. van Wyk Louw Medal
2016: Jan H Marais Prize 2016

Hermann Giliomee is presently Extra-ordinary Professor of History at the Stellenbosch University.
In 1984 he co-founded Die Suid-Afrikaan, an Afrikaans journal of opinion. He was a regular columnist for the Cape Times, Rand Daily Mail and other periodicals from 1980 to 1997 and is presently writing a political column for the Afrikaans morning newspapers Die Burger, Beeld and Volksblad.

Hermann Giliomee lives in Stellenbosch. He is married to Annette. They have two daughters, Francine and Adrienne.
Hobby: Tennis

Books:

Nuwe geskiedenisEthnic power mobilized - Can South Africa change? (Co-author: Heribert Adam), Yale University Press, 1979
Die Kaap tydens die eerste Britse bewind, 1795-1803, 1971
The parting of the ways, 1982
'n Samelewing in wording, 1982
Up against the fences, 1985
The Shape of South African Society 1652-1840, 1988
From apartheid to nation-building, 1989
Negotiating South Africa's future, 1989
The Bold experiment, 1994
The awkward embrace, 1999
The Awkward Embrace: One-Part Domination and Democracy in Industrialising Countries (eBook)
Kruispad, 2001
The Afrikaners - Biography of a people, 2003
Die Afrikaners: 'n Biografie, 2004
'n Vaste plek vir Afrikaans (Co-author: Lawrence Schlemmer), Protea Boekhuis, 2006
Nog altyd hier gewees - Die storie van 'n Stellenbosse gemeenskap, Tafelberg, 2007
New History of South Africa / Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika, (Co-editor: Bernard Mbenga)
Die laaste Afrikanerleiers - Die opperste toets van mag / The Last Afrikaner Leaders, Tafelberg, 2012
Buhr van die Bokveld - 'n Bloemlesing uit die werk van Johann Buhr (compiler), Africana Publishers, 2015
Hermann Giliomee: Historikus - 'n Outobiografie / Historian - An Autobiography, 2016
The Rise and Demise of the Afrikaners, 2019
Maverick Africans - the Shaping of the Afrikaners, 2020

up
* * *

Verkiesing van US Raad 'n toets vir Afrikaans - en demokrasie en deursigtigheid

As 'n span stel ons voor dat die hele proses vir 'n taalbeleid van vooraf begin en wetenskaplik gedoen word. Ons stel ook voor dat Raadsvergaderings oor sake soos taal voortaan in die openbaar geskied. Dan sal mense presies weet hoe 'n beleid tot stand gekom het en wie van die Raadslede verdien om herkies te word.

Dit begin by die geloofwaardigheid van die proses waarmee 'n taalbeleid aanvaar is wat, as dit nie omgedraai word nie, daartoe gaan lei dat US binne tien jaar grootliks gaan verengels. Toe prof. Chris Brink in 2002 rektor geword het, het hy gepraat van US as "sentraal staan in 'n Afrikaanse Renaissance", van Afrikaans as US se "primêre onderrigtaal" en van US se "erns" om Afrikaans te handhaaf.

Aan die einde van 2002 het US 'n taalbeleid aanvaar wat ook deur die konvokasie goedgekeur is. Voorgraads sou Afrikaans enkelmedium die " outomatiese" of " verstek"- opsie vir voorgraadse kursusse wees, maar ten einde anderstaliges tegemoet te kom, kon dosente 'n T-opsie gebruik (50-50 Afrikaans en Engels in een klas)---maar net in die eerste jaar. Volgens prof. Brink was Afrikaans die "primêre onderrigtaal" . Afrikaans was "normaalweg" die taal van vergaderings.

Aan die begin van 2006 lyk sake so: Die T-opsie is verpligtend gemaak in drie fakulteite in al die studiejare en die " outomatiese" opsie van Afrikaans enkelmedium het verdwyn. In al die fakulteite saam het kursusse in Afrikaans enkelmedium tot onder 40 per sent gedaal. Die res is hoofsaaklik dubbelmedium of Engelse klasse. Daar is wêreldwyd gevind dat onder dubbelmedium die kleiner taal redelik gou deur die wêreldtaal verplaas word, veral waar laasgenoemde so dominant soos Engels vandag hier is. By die Universiteit van Pretoria het Engels gou Afrikaans uitgedruk waar dubbelmedium gebruik is.

Die nuwe reël is dat Engels gepraat moet word (of tolkdienste verskaf moet word) indien daar persone in die vergaderings van die statutêre liggame (Studenteraad, Senaat en Raad ens.) is wat nie Afrikaans kan verstaan nie.

Dosente en studente hoef nie meer in Afrikaans vaardig te word nie. In 2005 het byvoorbeeld net 24 studente in Lettere en Wysbegeerte die Afrikaanse taalverwerwingskursusse bygewoon uit 'n totaal van 235 wat in 'n band van hoë risiko geplaas is. Van die 75 dosente wat hulle in die laaste tien jaar by die Taaldienssentrum aangemeld het. het net een gevorder tot op die vlak dat hy in Afrikaans kan funksioneer. Dubbelmedium is 'n illusie in sulke omstandighede. Die Raad stel die taalbeleid op in oorleg met die Senaat. As die sakelui op die Raad hul onderskeie maatskappye bestuur het soos wat hulle hul verantwoordelikheidteenoor die taalbeleid nagekom het was hulle al lankal bankrot.

Hulle het nooit die bestuur gevra om al die voor- en nadele van die voertaalopsies (onder andere parallelmedium wat Afrikaans 'n beter kans bied) op die tafel te plaas nie. Hulle het nooit 'n meningsopname gelas om die voorkeure van die studente en dosente te bepaal nie. Hulle het nie ag gegee toe die vorige registrateur en hul eie regsadviseur gewaarsku het die taalbeleid en taalpraktyk is in stryd met mekaar nie, maar net soos die ou apartheidsdominees 'n ander teks gevind . Op 'n stadium in die loop van die proses was die raadslede in totale verwarring of hulle inderdaad die uitbreiding van die T-opsie anderkant die eerste jaar goedgekeur het. 'n Petisie van 3 500 studente teen die uitbreiding van die T-opsie is geignoreer

Die Raadslede het ook nooit die versekerings wat die akademici vir hulle gegee het bevraagteken nie. Prof. Anton van Niekerk, voorsitter van die Taalkomitee, het na die Desember-besluit om die uitgebreide gebruik van die T-opsie goed te keur die volgende uitspraak gemaak. " Die raad sou uiters onverstandig gewees het om die senaat se aanbeveling, geneem op akademiese gronde, te weerlê."

Watter wetenskaplike gronde? Ek het hom vroeër gevra om vir my die boeke te noem wat die Taalkomitee geraadpleeg het. Hy het my lysie gegee van die soort boeke wat dalk geraadpleeg is. Nie een van die boeke behandel in enige detail onderrigtaal op die vlak van universiteite nie. Almal konsentreer op skoolonderwys en dan veral die onderwys van gestigmatiseerde minderheidsgroepe soos byvoorbeeld Turke in Duitsland en die Indiaanse stamme van die Amerikas.

Laas November het die Konvokasie gevra onafhanklike taalombudsman vir klagtes. Dit is in die wind geslaan. Die studente moet nou by 'n viserektor gaan kla.

Die mees ontstellende is dat dit lyk of daar by sommige lede van die raad en die bestuur 'n houding is dat hulle daarop geregtig is om agter geslote deure effektief Afrikaans nek om te draai en dan allerlei vrome versekerings die wêreld in te stuur oor hoe hulle Afrikaans " koester" . Daarom is dit nodig dat die Raad sy taalbeleid bespreek in 'n forum wat oop is vir die pers en die publiek.

Ons span kandidate word daarvan beskuldig dat ons 'n soort " Taal-Orania" voorstaan. Goeie genugtig! Die stelsel wat ons bepleit laat ruim gebruik van Engels in die eerste jaar sodat anderstaliges in Afrikaans vaardig kan word en bevraagteken nie die feitlik eksklusiewe gebruik van Engels in die vierde (nagraadse) jaar nie. Dit sal 'n Taal-Orania wees as Afrikaans net tot die helfte van die klastyd beperk word

Sekerlik is daar ruimte vir Engels en vir inisiatiewe om US internasionaal meer mededingend te maak. Die voorwaarde is dat Afrikaans op 'n baie stewige platform staan wat nie weggekalwe kan word nie, soos wat tans vinnig gebeur. Daarom is 'n nuwe span verteenwoordigers in die Raad nodig om te doen wat al reeds vier jaar gelede moes gedoen gewees het: 'n ordentlike plan vir die ontwikkeling van Afrikaans as voertaal en wetenskapstaal aan US.

Hermann Giliomee

up
www.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer