Home   Alpabetical list of all authors   Poems   Boek: Wilhelm Knobel - die ongewapende man   See more at Versindaba   As die woorde begin droom: download 8 reviews (.zip)

Engela van Rooyen and Deon Knobel
12 March 2006 at Protea Bookshop:
Engela van Rooyen and Deon Knobel during Woordfees 2006.
Engela started her talk with grateful reminiscence of Wilhelm's generous help
when she started to write.
Wilhelm's brother, Deon, commissioned Stellenbosch composer,
Hendrik Hofmeyr, to set 5 poems to music.
These 5 elegiese verse vir bariton en klavier were presented
on Sunday's concert in the Endler Hall:
Geen skip strand ooit teen hierdie kus nie, Elegie, Gedig vir Klein Estie,. By die dood van Motau and Op slag gedood.
More photos

W. F. Knobel

1935 - 1974

Wilhelm Knobel

Poet and author of three poetry volumes and a children's book

Wilhelm Friedrich Knobel was born on 26 October 1935, in Bethlehem, and grew up on his parent's farm, Versien. He loved books and music and took piano and, later, cello lessons.
After matriculation from Bethlehem Voortrekker High School he studied Languages and Philosophy at the University of Stellenbosch (BA and BA Hons, both cum laude). With a bursary from the French government, he continued his studies at the Sorbonne in Paris, where he became a friend of Breyten Breytenbach. He also started painting.
After a serious car accident in Belgium, he suffered concussion, followed by depression, and had to return to South Africa.
W. F. Knobel lectured in French at the University of Orange Free State and at Unisa and worked as a translator in Pretoria. He was a deeply religious man. For the last four years of his life he suffered from repeated bouts of manic depression and was unable to work. He spent most of the time with Deon Knobel, his youngest brother, (a Professor of Forensic Medicine at UCT) in his house in Gardens, Cape Town, and was often in the care of the nearby Gardens Nursing home. Wilhelm Knobel died in his sleep on 4 January 1974 in Cape Town. He is buried onVersien.

Important Notice

Despite the popular belief that Wilhelm Knobel took his own life, the Inquest Magistrate concluded that his death was due to Respiratory Centre depression as a result of acute hypomania which required unusually high dosages of medical drugs to control.

As die woorde begin droom

Books:

Bloedsteen, Human &Rousseau, 1966
Mure van mos, Human &Rousseau, 1970
Published posthumously:
Nagelate gedigte, Perskor, 1975
Mitsi bak koek, with illustrations by Cherylle Cowley, Tafelberg, 1975
Twee Siklusse (compiler), Belmonte, 2005
(commemorative volume compiled and published for his late brother, Wilhelm's 70th birthday, Review by Louise Viljoen.)
... en skielik is dit aand ..." Song cycle by Hendrik Hofmeyr, Belmonte, 2005
As die woorde begin droom - 'n Keur uit die gedigte van Wilhelm Knobel (compiled by Deon Knobel), Bel Monte Uitgewers, 2011

Translation: Cosette (from Les Miserables by Victor Hugo), Human and Rousseau, 1970

Order Twee Siklusse - Wilhelm Knobel: die ongewapende man :
(Sagteband, 64 bladsye, ISBN 0 620 33912 8, R95.) and other books:
Deon Knobel. Bel Monte-uitgewery, Kaapstad, 2005 021 4233 661 or

I accepted from the start that I am doing this for my brother and his heritage. And having resurrected him after so many years I received magnificent and sometimes glowing reviews.
Deon Knobel

* * *

Termietprinses

Jou vlug duur skaars één uur
waar berg jy lig in die lang reses?
en krag wat straal uit jou
laat orde groei in die ryk
hoe lank?

Jou liggaam is lig gedra op die wind
wat hubare dogters dryf in die wind,
maar wat as die liggaam log word met die tyd
en tyd nie langer gedeel word nie
in reëlmaat van donker en lig?
Die lig teer weg met groei van die lyf
bloedskande broei in die ryk
as jy telkens 'n man weer baar
dat die ras kan leef
- die laaste verkrag die troon
en die jongste dogter móét meineed pleeg
dat orde groei

en waansin groei?

Hoe berg ję lig
wat nooit die ligvlug ken één uur
prinses?

jy het my op 'n keer

jy het my op 'n keer
'n blaar gestuur uit die groen laproos
op jou bors
diè enkele blaar het 'n ruiker geword
van elke kort oomblik saam
en nog groter is die ruiker van die pyn
wat geplant is in my hart

   * * *

By 'n skildery van Marjorie Wallace

arm
in grysgroen lig van Breughel
staan drie vroutjies van Venesië
- en armer nog
en maer in 'n hoek
'n kat wat leef van afvalvis -
voor God


Valdeur

As die woorde begin droom
gaan 'n valdeur oop in my,
sien ek slanke diere swygsaam
teen die druppende wande uitbeur
van 'n put
Swart letters
op die wit blad
Pen hul glansende lywe gou vas:
'n Laaste rilling halsstarrige lewe
Dan lê hulle stil
twee-twee.

In die gedig "Valdeur" lyk dit asof die spreker meen dat die moontlikheid om poësie te skryf hom die geleentheid gee om sekere aspekte van sy innerlike lewe onder beheer te bring
Louise Viljoen

Book by his brother, Deon Knobel:
WILHELM KNOBEL DIE ONGEWAPENDE MAN: van kindertyd tot sterwenstyd

vertel die lewensverhaal van ons broer, die Sestiger Digter, Wilhelm Knobel, gebore 26 Oktober 1935 en oorlede op 4 Januarie 1974.
Wilhelm het erg aan Bipolêre Gemoedstoornis gely. Sedert sy eerste aanval op 19-jarige ouderdom, is hy lewenslank, tot en met sy dood op 38-jarige ouderdom, daardeur geteister. Hy het gesterf in sy slaap tydens 'n hiper-maniese aanval, waarvoor hy massiewe dosisse medikasie ontvang het wat uiteindelik sy asemhalingsentrum onderdruk en sy dood veroorsaak het. Ongelukkig was die wetenskap oor mediese behandeling en die verskeidenheid psigotropiese middels nog nie so goed ontwikkel en verstaan soos vandag nie. Carina se bydrae op die miniseminaar van LitNet verduidelik besonder goed, en in detail die verskeidenheid middels wat hedendaags voorgeskryf kan word.
Wilhelm Knobel se oeuvre bied 'n unieke geleentheid om hierdie siektetoestand, met fases van manie en depressie, in digterlike taal te leer ken en verstaan. Dit is ook bewys van die kreatiwiteit en skeppingsvermoê wat dikwels met Bipolariteit gepaard gaan. Sy gedigte oor die onttrekking en diep depressie is aangrypend en word dikwels in die vorm van verlate landskappe verwoord.
Die sikliese aard van die siekte beskryf hy in 'n ontstellende gedig, Sprokie, waarin 'n "sluwe" voël uit die see opstyg en die "ryp rooi vrug, iewers in 'n bos" aan repe skeur, met slegs verdroogde repe skil en die muwwe reuk wat hang in die lug, wat oorbly. Die volgende oggend styg die voël "met nooit gestilde kreet" weer uit die see en in die bos "hang die ryp vrug weer glansend en rooi en vol."
In 'n verslag oor sy werk skryf Petra Müller: "As ek dit reg het is hierdie verse van hom die eerste poëties-verantwoorde ondersoek na die verval van die gemoed in ons Afrikaanse digwerk. Die werk van Ingrid Jonker het beroemd geword, maar as "vervloekte" digter - in die Franse sin van die frase - het Knobel eweveel aanspraak op aandag (Verslag, Mei 2005.)
Professor Louise van Zyl, in haar indrukke na die herlees van Knobel se werk in 2005, skryf: "As beeld van 'n digter wat hom in 'n oorgangstydperk in die Afrikaanse letterkunde bevind en verstegnies, sowel as tematies worstel met die spanning tussen die tradisionele en die vernuwende, is Knobel se oeuvre 'n besonder boeiende een ..." (Verslag 2005)
Oor die gedig "brief vir Breyten" skryf André Brink in Rapport van 13 Januarie 1974, nege dae na sy dood, die volgende: "In weinig Afrikaanse verse word die volkome ontbloting van die mens teenoor die onbegryplike so ontroerend vergestalt: Dit is oor gedigte soos dié dat Wilhelm Knobel, die 'ongewapnde man', by uitnemendheid in ons poësie onthou sal word."
En John Kannemeyer, in Die Burger van 9 Januarie 1974, skryf: "Een van die kosbaarste kort verse van Wilhelm is sy vertaling van die driereëlige gedig van Salvator Quasimodo ... vir my een van die mooiste dinge wat ek in Afrikaans ken."
Elkeen staan alleen op die hart van die aarde
deur 'n straal van die son deurboor:
en skielik is dit aand.
Die boek is privaat uitgegee deur Bel Monte uitgewers.
Bestel by: Deon Knobel, Bel Monte uitgewers, Kloofnekweg 157, Oranjezicht, Kaapstad, 8001
Tel no 021 4233661 of 082 4653429
Prys R120-00, posgeld uitgesluit
E-pos adres



Information by his nephew Gideon Visagie and his younger brother, Deon Knobel

Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

     Webmaster Books