Riana's poems

5 poems that I selected to read at the opening of the Flemish Parliament in July this year (2002).
It is their 30th anniversary and they invited 30 poets from the Netherlands (including Suriname, SA, Antille, Aruba) to celebrate this event.
Riana Scheepers

 

1.        Aardkors

        Hierdie dik roof
        hierdie bruin kors
        wat ons "aardbol" noem
        het al te veel bloed ingeslurp

        versadig lê die aarde
        deur die eeue heen het dit
murgsag en vrugbaar geword van menslike reste:
        lou harsings, warm organe,
beendere brokkelrig soos wingerdstok

heerlike, geil aarde
        die versoeking is groot
        om tot rus te kom
        op te los
deel te word
van die geheim van grond
        
        ek sal met oorgawe
teruggee
wat ek oorvloedig
van jou gebruik het

        maar sat is jy
        jy het my nie nodig nie

nie nou nie


2.         My kerse drup

soos ou druïdes
hurk hulle oor my tafel
druipende was
drapeer krom om skouersblakers

hierdie nag word stiller
die wyn flonker donkerder
karmosyn in kristal

ons praat raak minder
inniger

uiteindelik
raak ons woorde
heeltemal
op

jy vat aan my mond


3.        SMS

"Mij verlangste is groot"
skryf my skugter ouma

ingehoue (deur moraal en tyd)
verklaar sy haar liefde

die bros papier reis
teen ossewaspoed

weke later
lees my vurige oupa

die stil woorde
in verbleikte ink

en verstaan
haar verlange

"FOKKIT, JY'S VER!"
tik ek die boodskap

ingeperk (slegs160 karakters)
verklaar ek my liefde

die digitale flits skiet
teen telefoonspoed

sekondes later
lees my vurige minnaar

die flitsende woorde
in verligte fluoor

en verstaan
my verlangste


4.         Trapgimnastiek 1.

ons liefdespel
gisternag
was uitbundig
ons het jiltemal
uitgerafel

spuls en speels
oor tafel en trap en katel
!vanmôre, Liefste
kan ek vóél
hoe my beendere ratel


5.        Scheepersnek
        
Onthou, my Lief, ek is Afrika, jou land.
        

        My land verwelkom my
met 'n oorweldigende fanfare

ek wóú nog oor die bergtop loer
ek wóú nog my armbande skud
saggies lag
en wink
van ver af wuif
maar my land het geweet ek kom
want toe ek oor die nek kom
is die lug vol bebliksemde donderslae
by die afdraai plaas toe
trek die orkes van die lug oop
my land wys my wat ek lánk nie gesien het nie:
'n simfonie van bliksem en reën
Ons suster!
Ons suster!

ek gooi áltwee my arms oop
my land omhels my

vannag slaap ek nie alleen nie
ek lê in die arms van die reën


March 2002 © Riana Scheepers

Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

     Publisher of special editions Books