Home   Alpabetical list of all authors   Afrikaans CV

Riana with her cellarcat
Riana with her Cellar Cat, Katja
List of books

Riana's poems
Scheepersnek

Photo In Riana's garden
Article by Francois Verster: In creative company - Riana Scheepers' writing course at De Compagnie
Kursus: Skryfkuns en Kreatiewe Denke

Riana Scheepers

Riana Scheepers

Author of short stories, children's books and poetry

Riana Scheepers was born on 9 December 1957, at Vryheid in Natal. She matriculated from Vryheid High School in 1975 and studied at the University of the Orange Free State in Bloemfontein (BA in Communications, BA hons in Afrikaans en Dutch and MA in Afrikaans (1987), all cum laude). In 1997 she obtained a Ph D in Afrikaans and Dutch at the University of Cape Town with the thesis: Koos Prinsloo: Die skrywer en sy geskryfdes, 1998.
July 1988 - April 1990: Lecturer, University of Zululand; April 1990 - 1994: Lecturer, University of Cape Town; January 1995 - 1998: Promotions Manager, Tafelberg Publishers; 1999 - 2001 Teacher (Afrikaans) at Paul Roos Gymnasium; 1999: Started the Stellenbosch Skool vir Skryfkuns en Kreatiewe Denke
In addition to many academic publications Riana wrote a script for educational TV (52 episodes) in 1988. She has been a regular columnist in a variety of journals and newspapers in South Africa: Die Burger (1992-1995), Die Volksblad (1999- ), Beeld (2000- ), the Flemish paper De Morgen (2000- ) and Finesse (November 1999 -May 2000) and writes book reviews for academic journals, magazines and radio.
Riana has two sons. When she is not travelling, Riana lives in Paternoster and Wildernes. Riana is married to Johann Loubser and they lived for many years on their wine farm De Compagnie in Wellington, which she managed. In her own words "we recently changed the Boland for the Garden Route and lost ourselves in the Wilderness forests."


Awards and Honours:

ATKV prize for popular prose in 1990 and the FAK prize in 1991 for Die ding in die vuur
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: Eugène Marais Prize in 1992 for Dulle Griet
ATKV Youth book prize for Blinde Sambok
2000: Member of the South African Academy of Arts and Science.
The musical presentation of Die avonture van Wilde Willemientjie won the Kanna-Prize 2006 for best children's production at the KKNK festival in Oudtshoorn, 2006


Books:

The Katriena-books were best sellers in South Africa with six reprints each within two years. 65 of her stories have been published in various short story anthologies. Her literary books are translated into Dutch and Spanish and several short stories into French, Dutch and English.
Short stories:
Die ding in die vuur, HAUM-Literêr, 1990 - Uitgeverij Prometheus, 1996
Dulle Griet, Tafelberg, 1991
'n Huis met drie en 'n half stories, Tafelberg, 1994
Haai, Katriena, wat vertel jy my nou?, J P van der Walt, 1994
Katriena, nou lieg jy mos!, J P van der Walt, 1995
Katriena, née!, LAPAKatvoet, Human en Rousseau, 2009
Review by Francois Verster
Katriena, vertel, LAPA, 2012 (the best Katriena stories with some new stories)
Die vrou in die vuur, Tafelberg, 2012 (A collection of her best short stories)

Novels:
Die heidendogters jubel, Tafelberg, 1995

Academic:
Die Afrikaanse skryfgids (editor with Leti Kleyn), Penguin Group (SA), 2012

Poetry
Met die taal van karmosyn, Human & Rousseau, 2001

Buy n' Engel in my huisEssays:
My voete loop na Wellington (Selected essays from her columns), Protea Boekhuis, 2003
'n Engel in my huis (Sketse from Die Burger), Protea Boekhuis, 2005

Children and Youth:
Die avonture van Wilde Willemientjie, Tafelberg, 2006
Die verdere avonture van Wilde Willemientjie (Illustrated by Vian Oelofsen), Tafelberg, 2009
Blinde Sambok (Youth novel), 2001
Die Heks Met Die Groen Hare, 2007
Stormkind, Tafelberg, 2018

Compilations:
Dogters van Afrika (Afrikaans short stories), 1997
Die melkweg het 'n ster lat val (farm stories, compiled with Nicci Thabo)
Verstaan my verlangste (compiled with Jooris van Hulle, Afrikaanse liefdesgedigte), Davidsfonds
Nuwe Kinderverseboek (compiler with Suzette Kotze-Myburgh), Tafelberg, 2009
Rachelle Greeff), Maskew Miller Longman, 2009
Rympies vir pikkies en peuters, (Editor with Suzette Kotzé-Myburgh and Gertie Smit), Tafelberg, 2015

up

.        Scheepersnek
        
Onthou, my Lief, ek is Afrika, jou land.
        

        My land verwelkom my
met 'n oorweldigende fanfare

ek wóú nog oor die bergtop loer
ek wóú nog my armbande skud
saggies lag
en wink
van ver af wuif
maar my land het geweet ek kom
want toe ek oor die nek kom
is die lug vol bebliksemde donderslae
by die afdraai plaas toe
trek die orkes van die lug oop
my land wys my wat ek lánk nie gesien het nie:
'n simfonie van bliksem en reën
Ons suster!
Ons suster!

ek gooi áltwee my arms oop
my land omhels my

vannag slaap ek nie alleen nie
ek lê in die arms van die reën

up

Kursus: Skryfkuns en Kreatiewe Denke

Algemene Inligting

Die kursus word aangebied deur dr Riana Scheepers, bekende en bekroonde Afrikaanse skrywer, in die historiese opstal op De Compagnie, Wamakersvallei, Wellington.
Die kursus se doelstellings:
Om kursusgangers bekend te stel aan voortreflike tekste in 'n groot verskeidenheid belletristiese en joernalistieke genres, Om kursusgangers te lei in die kritiese beoordeling van hierdie tekste, en Om die skryfkuns van kursusgangers te ontwikkel en kreatiewe denke te stimuleer.
Hierdie kursus is dus nie slegs vir die literêr-begaafde persoon nie, maar vir almal wat betower word deur die wonderwêreld van woorde.
Die kursusinhoud sluit onder meer in: die lees, skryf en ontleding van poësie; kortverhale; essays; dramas vir verhoog, radio en televisie; resensies, advertensies, briewe, nuusberigte ens. Verskeie (opsionele) opdragte word tydens elke sessie gegee. Tekste van kursusgangers word onderling bespreek en beoordeel. Dit gebeur te alle tye in 'n simpatieke, maar kritiese atmosfeer.
Daar word in 2008 twee kursusse aangebied. Maandag 5 Mei - Vrydag 9 Mei 2008 en Maandag 6 Oktober tot Vrydag 11 Oktober 2008. Tyd: 10:00 - 13:00. (Kursusgangers sorg self vir hul verblyf, indien hul van elders kom.)
Die koste verbonde aan die kursus is R2000,00. Dit sluit alle kursusmateriaal in. Daar word net van u verwag om skryfpapier en 'n pen saam te bring. Om jou plek te verseker, word 'n deposito van 50% gevra. Die deposito sal ten volle terug betaal word indien jy 'n twee maande voor die tyd kanselleer.
Vir verdere besonderhede, en om jou 'n plek te bespreek, skakel asb vir Riana Scheepers by 021 864 1241 of 082 8911 025, e pos;

Die inhoud sal wees:

1. Kennismaking met verskeie voortreflike belletristiese tekste. Nie net literêre tekste nie, maar ook advertensiekopie, slagspreuke, sms-boodskappe, doodsberigte, liriek, briewe, resepte en graffiti. Ons luister ook musiek en gaan vertalings doen uit Middel-Nederlandse tekste
2. Voltooiing van verskeie opdragte, tydens die kursus en ook langtermyn-opdragte
3. Die filosofie van kreatiwiteit - vrae soos: Wat is kreatief? Wie is kreatief? Is ek 'n skrywer of nie?
4. Identifikasie van 'n persoon se natuurlike genre en tema.
5. "Skrywersgeheime" - 'n bietjie oor die werk en die trieks van die skrywer. Bv. hoe oorkom jy skrywersdroogte (writer's block)
6. Die kwessie van kritiek - hoe gee jy dit, en belangriker : hoe hanteer jy dit?
7. Werkswinkel: bespreking van geselekteerde skryfstukke uit die klas.
8. Langtermynopdragte.



Curriculum Vitae van Riana Scheepers

Riana Scheepers se lewe is dramaties en opwindend, uitdagend, avontuurlik en romanties. In vyf dekades het sy die wêreld deurreis, boeke gelees én geskryf, haar seuns met vreugde grootgemaak en ánder mense se kinders lief gemaak vir woorde. Sy het huise gerestoureer, bome geplant, verlore stemme oor die uithoeke van Suid-Afrika opgespoor en hul stories opgeteken. Vir haar familie is sy moeder, minnares en muse.
Dr. Riana Scheepers is in 1957 in KwaZulu-Natal gebore. Haar pa, 'n spoorwegwerker, sterf in 'n treinongeluk toe sy 6 jaar oud is. Sy leer, saam met haar verpletterde gesin, deeglik wat armoede en ontbering is; sy leer ook oorlewing, die kuns van vreugde - en die vreugde van kuns. Reeds in haar vroeë tienerjare wen sy verskeie skryfkompetisies en redenaarskompetisies. Sy word twee agtereenvolgende jare aangewys as die beste redenaar in Noord-Natal. In 1975 word sy verkies as hoofmeisie van Hoërskool Vryheid. Sy neem ook deel aan verskeie sportsoorte en verwerf Natal-kleure vir atletiek, swem en sierduik In 1976 begin sy haar studies aan die UOVS in Bloemfontein. Sy behaal die grade B.A. Kommunikasiekunde (cum laude), B.A. Hons (Afrikaans en Nederlands) (cum laude), M.A. (Afrikaans) (cum laude). In 1978 is sy primaria van haar koshuis (Wag-'n-Bietjie) en word in 1979 tot die Sentrale Studenteraad van die UOVS verkies. Sy was ook voorsitter van die Afrikaans-Nederlandse Vereniging (1978-1979) en die Kommunikasievereniging. In 1997 behaal sy 'n doktorsgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Kaapstad oor die kortverhaaloeuvre van Koos Prinsloo.
Sy word in 2000 aangestel as lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In 1988 aanvaar sy 'n pos as lektrise by die Universiteit van Zoeloeland. Haar eerste kortverhaalbundel, Die ding in die vuur, wat gaan oor die leefwêreld van die Zoeloes, word hier geskryf, asook 'n groot gedeelte van haar tweede bundel, Dulle Griet.
Literêre Pryse: Die ding in die vuur is in 1991 bekroon met die ATKV-Prosaprys en die FAK-prys. Dulle Griet het in 1992 die Akademie vir Wetenskap en Kuns se Eugène Marais-prys verower. In 2003 verower sy die ATKV-Kinderboekprys vir haar jeugroman Blinde sambok. Die Nederlandse vertaling van hierdie boek, Scorpioenkind, is op die kortlys vir die Vlaamse Kinderjurie-prys (2004) In 2006 ontvang sy nie minder nie as vier toekennings vir haar werk: 33945552">Die avonture van Wilde Willemientjie kry die KKNK se Kanna-prys vir die Beste Kinderproduksie. Sy ontvang die Rapportryers se Erepenning vir haar werk asook die Patrick Petersen Gedenkprys vir haar hele oeuvre. Vir die kulturele bydrae wat haar bundel plaasverhale Die melkweg het 'n ster laat val in die landbougemeenskap gelewer het, kry sy 'n spesiale toekenning van die Departement van Landbou (Wes-Kaap). In 2007 word sy deur Rapport / City Press aangewys as een van die Top Tien Vrouepresteerders in Suid-Afrika.
In 1990 aanvaar sy 'n pos as lektor by die Universiteit van Kaapstad, en in 1995 sluit sy haar by Tafelberg Uitgewers as Skakelredakteur aan. In 1999 aanvaar sy 'n onderwyspos by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch en begin die Skool vir Skryfkuns en Kreatiewe Denke.
Sedert 2002 is sy voltyds skrywer en plaasbestuurder. Haar publikasies: 'n Huis met drie en 'n half stories van 1994 (kortverhale) en Die heidendogters jubel van 1995 (roman) is beide binne een maand herdruk. Haar drie bundels "kombuisverhale" Haai, Katriena, wat vertel jy my nou?, Katriena, nou lieg jy mos! en Katriena, néé! was blitsverkopers. Sy het die ongewone prestasie behaal deurdat drie van haar boeke (die eerste twee Katriena-bundels en Die heidendogters jubel) in 1995 tegerlykertyd op die Top Tien-verkoperslys vir Afrikaanse boeke was. In 1997 verskyn 'n bloemlesing verhale waarvan sy samesteller is, getiteld Dogters van Afrika<. 'n Derde Katriena-bundel, Katriena, néé! en haar doktorale proefskrif getiteld Koos Prinsloo: Die skrywer en sy geskryfdes verskyn in 1998. Feeks, 'n bundel kortverhale verskyn in Oktober 1999 en in Maart 2000 in Nederlandse vertaling. Die Nederlandse vertaling van Feeks word binne een maand drie keer herdruk. In 2001 verskyn haar eerste jeugroman, Blinde sambok asook haar eerste digbundel, Met die taal van karmosyn. Twee rubriekbundels: My voete loop na Wellington verskyn in 2003 en 'n Engel in my huis in 2005. In 2006 verskyn haar eerste kinderboek Die avonture van Wilde Willemientjie. Die musikale verwerking van die teks het tydens die KKNK van 2006 die gesogte Kanna-prys gekry vir die beste Kinderproduksie op die fees. Al Riana se literêre publikasies is in Nederlands vertaal. Die titels daarvan is: Dulle Griet ('n versameling van verhale uit Die ding in die vuur en Dulle Griet); Onbevlekte ontvangenis (Vertaling van 'n Huis met drie en 'n halwe stories), De Heidendochters juichen (Vertaling van Die heidendogters jubel) en Die ding in die vuur ('n versamelbundel van al haar kortverhale in een band). Dochters van Afrika (bloemlesing) Feeks (Vertaling van Feeks) Dulle Griet was no 2 op die Nederlandse Top Tien-trefferslys. Met die taal van karmosijn (vertaling van Met die taal van karmosyn) Schorpioenenkind (vertaling van Blinde sambok). Die ding in die vuur is 1998 in Spaans vertaal onder die titel Mujeres Zulues. Van haar verhale het ook al in Frans, Engels, Pools en Esties verskyn. Riana besoek reëlmatig op uitnodiging die buiteland en het al op uitnodiging lesings gegee aan universiteite in Pole, Nederland en België. Sy word ook gereeld gevra deur buitelandse instansies (soos Biblioteekverenigings) vir lesings en voorlesings uit eie werk. Sy was in 1996 gas by die alternatiewe Boekebeurs (Het Andere Boek) in Antwerpen en 1997 en 1998 gas van die Antwerpse Boekebeurs. Sy het al verskeie lesingtoere oor haar eie werk en die Afrikaanse letterkunde in Nederland, Friesland en Pole onderneem. In Maart 2000 was sy die gas van die kultuurvereniging Geletterde Mensen en was op 'n uitgebreide voorlesingtoer in Vlaandere. Sy is die Afrikaanse digter wat uitgenooi is om op 11 Julie 2002 deel te wees van die Vlaamse Parlement se 30-jarige herdenking waartydens 24 digters vanuit die Nederlandse spraakgemeenskap hul poësie in die Parlement voorgelees het.
Ander publikasies en bedrywighede: 1.Leerbehoeftes van swart adolessente. Draaiboek vir 'n televisiereeks van 52 episodes. [Opdragstuk vir die SAUK TV: Afdeling opvoedkundige programme.] 1988. 2. 'n Groot verskeidenheid akademiese artikels in Suid Afrikaanse literêre tydskrifte; 3. Radio-verslaggewer vir die Burger (1992-1995). 4. Rubriekskrywer vir Volksblad, Beeld, Burger asook die Belgiese koerant De Morgen. 5. Huisgenoot se sosiale raadgewer in die rubriek Vra dr Adri (2002 -) 6. Tree by verskeie geleenthede op as openbare spreker Skole, Leeskringe en Studiegroepe; 7. Lid van die KKNK se Kunstekabinet (1998-2003); 8. Hoof van die Skryfskool vir Skryfkuns en Kreatiewe Denke; 9. Raadslid: SA Brandewynstigting (2004 -2007) 10. Raadslid: Afrikaanse Taalmuseum (2004 - 2007).
Riana is getroud met Johann Loubser en woon op De Compagnie Wynlangoed buite Wellington. Sy is voltyds skrywer en plaasbestuurder. As sy nie op De Compagnie is nie, bly sy in haar vissershuisie op Paternoster, op Klipkraal in die Tankwa- Karoo, of in 'n spookhuis in die suide van Namibië.

Riana Scheepers: Volledige Publikasielys
1990. Die ding in die vuur. Pretoria, H.A.U.M.-Literêr. Kortverhale)
1991. Dulle Griet. Kaapstad, Tafelberg. (Kortverhale)
1994. 'n Huis met drie en 'n halwe stories. Kaapstad, Tafelberg. (Kortverhale)
1994. Haai, Katriena, wat vertel jy my nou? Pretoria, J.P. van der Walt.
1995. Katriena, nou lieg jy mos! Pretoria, J.P. van der Walt. (Kortverhale)
1995. Die heidendogters jubel. Kaapstad: Tafelberg. (Roman)
1998. Katriena, néé! Pretoria. Fundi. (Kortverhale)
1998.Koos Prinsloo: Die skrywer en sy geskryfdes. Kaapstad. Tafelberg. (Publikasie van Ph.D-Verhandeling)
1999. Feeks. Kaapstad. Human en Rousseau. (Kortverhale)
2001. Blinde sambok Kaapstad, Tafelberg (Jeugroman)
Met die taal van karmosyn, Human & Rouseau (Poësie)
2003 My voete loop na Wellington Protea Boekhuis (Rubrieke)
2005 'n Engel in my huis Protea Boekhuis (Rubrieke)
2006 Die avonture van Wilde Willemientjie, Tafelberg. (Kinderboek)
2009 Katvoet, Human en Rousseau. (Kortverhale)
Wilde Willemientjie woel alweer, Tafelberg. (Kinderboek)

Bekronings: Die ding in die vuur: ATKV-prys vir goeie gewilde prosa - 1990; FAK-ontspanningsprys - 1991 Dulle Griet: S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns se Eugène Marais-prys. 1991. Blinde sambok: ATKV Kinderboekprys (Kategorie 10 -12 jaar) 2003 Schorpioenkind Op kortlys vir Vlaamse Kinderjurie-prys Die avonture van Wilde Willemientjie Kanna-toekenning vir beste Kinderproduksie, KKNK 2006 Die Katriena-bundels Rapportryers se Erepenning, 2006 Die melkweg het 'n ster laat val 'n Spesiale prys van die Departement Lanbou vir die kulturele bydrae wat dié publikasie in die landbougemeenskap gelewer het, 2006 Hele oeuvre: Patrick Petersen Medalje, 2006 Rapport /City Press - toekenning as Top Tien Vrouepresteeder, 2007 Op kortlys vir verskeie pryse, waaronder die Hertzogprys, De Kat Kortverhaalwedstryde, ens.
Samesteller: 1997 Dogters van Afrika, Tafelberg
2000 Treffertekste, MML
2003 Verstaan my verlangste, 100 liefdesgedichen in het Afrikaans, Davidsfonds Literair (medesamesteller Jooris van Hulle)
2006 Die melkweg het 'n ster laat val, Human en Rousseau (Medesamesteller: Nicci Thabo. Kortverhale)
2006 Verlore Paradyse, MML (Samesteller, medesamesteller Nico Snyman. Kortverhale)
2008 Nuwe Kinderverseboek, (Samesteller, medesamesteller Suzette Kotzé-Myburgh) Tafelberg.
Vertalings: Kortverhaalbundels, romans en bloemlesings Nederlands: 1994. Dulle Griet.Uitgeverij Prometheus, Amsterdam. (Vertaling van Dulle Griet en Die ding in die vuur.) 1995. Onbevlekte ontvangenis. Uitgeverij Prometheus, Amsterdam. (Vertaling van 'n Huis met drie en half stories.) 1996. De heidendochters juichen. Uitgeverij Prometheus, Amsterdam (Vertaling van Die heidendogters jubel) 1997. Die ding in die vuur Uitgeverij Prometheus, Amsterdam (Versamelde kortverhale) 1998. Dochters van Afrika. Uitgeverij Prometheus, Amsterdam (Vertaling van Dogters van Afrika.) 2000. Feeks. Querido, Amsterdam. (Vertaling van Feeks) 2003. Met de taal van karmosijn (Uitgeverij P) (Vertaling van Met die taal van karmosyn) 2003. Het scorpioenkind (Lannoo) Vertaling van Blinde sambok Spaans: 1998: Mujeres Zulues. Barcelona. Icaria (Vertaling van Die ding in die vuur.) Vertalings: Enkelverhale 1995. "Dans les deux sens" in Archipel. 1995 (5). (Vertaling: Alain Germose) 1995. "Garden-gate green, privy-pink, back-door blue" in Crossing Over: Stories for a new South Africa. Compiled by Linda Rode and Jakes Gerwel. Kaapstad: Kwela. (Vertaling: Catherine Knox) 1998: Barter en Second Child in Grand Street 1998 (66). (Vertaling: Peter Constantine) "The Scribe" in The Torn Veil. Compiled by Annemarie van Niekerk. Kaapstad: Queillerie. (Vertaling: Willem van der Walt ) (Inligting verskaf deur Riana Scheepers, April 2001. Bygewerk Januarie 2009.)

up


Information and Afrikaans text by Riana Scheepers, March 2002 Bygewerk Januarie 2009

Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

   Publisher of special editions Books